Skool aan diepkant ingegooi

Honderde atlete van verskeie privaatskole oraloor die land het byna nie die naweek aan 'n groot atletiekbyeenkoms kon deelneem nie.

17 March 2019 | Sports

Windhoek • Yolanda Nel

Hoewel Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) ’n jaar gelede reeds die Onafhanklikheidstadion vir die jaarlikse Nasionale Afrikaanse Privaatskole (NAPSO)- atletiekbyeenkoms bespreek het, moes Donderdag vinnig ’n plan gemaak word toe hulle op die nippertjie laat weet is die geleentheid kan nie meer daar plaasvind nie.

Dit kom glo weens ’n dubbele bespreking vir die komende onafhanklikheidsvieringe wat Donderdag daar plaasvind. “Verwers en konstruksiewerkers is sedert verlede Donderdag besig om die stadion gereed te maak vir die vieringe wat in die komende week plaasvind,” lui inligting wat met hierdie koerant gedeel is.

Verlede jaar bespreek

“Die stadion is reeds in Maart verlede jaar deur WAP vir die NAPSO-atletieknaweek bespreek,” het Leoni van Rensburg van Atletiek Namibië aan Windhoek Express gesê.

Daarbenewens het die skool onderneem om die nodige opknappingswerk aan die stadion – wat in die verlede skitterende atlete soos Frank Fredericks opgelewer het – te onderneem.

Toe die dubbele bespreking Donderdag aan die lig kom, is WAP gevra om ’n ander terrein vir die sportgeleentheid te soek of dit te herskeduleer. Later is besluit die skool mag die helfte van die hoofpawiljoen gebruik, maar die suites vir baie belangrike persone (VIP’s) is buite perke.

Die organiseerders is toe ook meegedeel dat die byeenkoms, wat Vrydag begin het, teen 10:00 Saterdag afgehandel moes wees sodat reëlings rondom onafhanklikheidsvieringe by die stadion kon voortgaan.

Na die opening van die geleentheid Vrydagmiddag is daar egter besluit WAP kon die gronde tot 12:00 Saterdag benut. “Ons was teen 11:30 klaar en opgeruim,” het WAP se sportkoördineer, Annette Loftie-Eaton, gesê.

Toe WAP aanvanklik die bespreking gemaak het en onderneem het om opknappingswerk op eie koste te doen – onder meer om stukkende tartan te vervang – is die nodige toestemming daarvoor bekom. Toe hulle in Oktober daarmee wou begin, moes hulle egter weer toestemming daarvoor kry.

Volgens Van Rensburg sou herstelwerk deur die skool eindelik op 1 November verlede jaar begin, maar is toestemmings eers ’n maand gelede ontvang. “WAP het eers drie weke terug met die herstelwerk begin en het hulle sedertdien baie geld, tyd en energie aan die projek bestee,” het Van Rensburg gesê.

Nog ’n groot probleem by die stadion is miere. “Ons het verlede jaar en aan die begin van hierdie jaar meer as N$4 000 se gif gespuit om die mierprobleem te probeer beheer,” het Van Rensburg gesê. Maar, sê sy, tydens die streeksuitdunne vroeër vanjaar het atlete onder die miere deurgeloop terwyl hulle aan hul items deelgeneem het.

Aanpassings

Nadat WAP verlede Donderdag met die finale take vir Vrydag se verrigtinge klaar was, het werknemers van die ministerie van werke by die stadion opgedaag en die skool se stoele en gazebo’s opgepak om te begin verf.

Die skool se personeel het navraag gedoen en dit is toe dat die dubbele bespreking aan die lig kom.

Laat Donderdagmiddag het WAP ’n verklaring aan deelnemende skole uitgereik wat gesê het hulle sou verseker dat die geleentheid steeds plaasvind en die program bloot aangepas word.

’n Formele verklaring oor waar vanjaar se Onafhanklikheidsvieringe plaasvind, is eers Donderdag aan die media uitgereik.

Teen 13:00 Saterdag was werknemers van die ministerie besig met verfwerk aan die pawiljoen. Volgens inligting wat aan hierdie koerant beskikbaar gestel is, is werknemers glo eers Donderdag ingelig van die herstelwerk en moet dit teen Maandag voltooi wees.

“Met ’n bietjie aanpassing het ons steeds ’n heerlike atletiekbyeenkoms gehad,” het Loftie-Eaton gesê.

Sien meer oor die geleentheid op bl. 22 van vandag se uitgawe, so ook vir ’n byvoegsel propvol hoogtepunte.

Similar News

 

Sport expo officially launched

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Windhoek • Jesse Jackson KauraisaStakeholders and sport officials gathered in the capital on Thursday night to witness the launch of the 2019 Sport Expo aimed...

Erasmus heads national cricket team

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Cricket Namibia announced that Gerhard Erasmus, who has represented Namibia since 2011, has been selected as the new captain of the senior men’s National Team.Erasmus...

Napso encourages unity amongst young athletes

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Windhoek • Justicia Shipena Napso athletics was held in the capital on 15 and 16 March, with more than 2 000 athletes from 25 private...

By kids, for kids

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Gerine Hoff Excitement is running high for a fun kids' cycle taking place at Oanob next weekend. What makes the event special, is that...

Shout out to young ­soccer stars

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Well-known soccer star Neymar Jr is searching for the world's top five junior soccer sensations and once again young Namibians have the chance to participate...

Deloitte Pups claim victory

6 days ago - 17 March 2019 | Sports

Following the launch of the Deloitte U/14 T20 Cricket Night League, the first tournament took place earlier this month and ended on a high note...

Napso-atlete in Windhoek byeen

1 week ago - 10 March 2019 | Sports

Windhoek • Yolanda Nel Komende Vrydag en Saterdag ding jong atlete van privaatskole van regoor die land op die veld en op die baan mee...

Best bass anglers awarded

1 week ago - 10 March 2019 | Sports

Jürgen Geiger and Johan Coetzee were the top achievers of the 2018/2019 Namibia Bass Angling Association (NBAA) season.Both were recognised for their achievements at a...

Beating the heat at the MTB league

1 week ago - 10 March 2019 | Sports

The second race of the FNB school league series took place at the IJG Trails on Farm Windhoek last Friday.The event, organised by Windhoek Gymnasium,...

Rockin’ and runnin’

2 weeks ago - 03 March 2019 | Sports

The much-anticipated annual FNB fun run takes place in the capital next Saturday (9 March) and all fun runners are invited to #RocknRun along in...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More