Skoonheidsprinses ploeg terug

'n Groep meisies het kragte saamgesnoer om 'n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak.

10 February 2019 | Education

Windhoek • Yolanda Nel



Hoewel die kroon nie vir hierdie meisie beskore was toe sy verlede jaar aan Mej. Tiener Namibië deelgeneem het nie, gebruik sy steeds die platform om 'n verskil te maak.

Clarisse Muller is verlede jaar as die eerste prinses in die Mej. Tiener Namibië-kompetisie aangewys en sy stel steeds 'n goeie voorbeeld van hoe om in haar gemeenskap terug te ploeg.

Sy en 'n groep meisies wat aan die skoonheidskompetisie deelgeneem het, is deur die Grove Mall gekontrakteer om tydens die feesseisoen geskenke wat deur kliënte in die winkelsentrum gekoop is, toe te draai.

“Ek het besluit om die geld aan twee laerskole in Windhoek te skenk, omdat die regering se subsidie elke jaar verminder en hulle sukkel om die nodige skoonmaakmiddels en skryfbehoeftes te bekom,” het Clarisse gesê.

Na die projek ten einde geloop het, het die Grove Mall besluit om die bedrag wat ingesamel is te verdubbel. Só is N$14 000 se skryfbehoeftes en ander benodigdhede gekoop wat eersdaags aan die Laerskool Pionierspark en Môreson oorhandig sal word.

“Ek was self in Parkies en dit is my kans om terug te ploeg,” het Clarisse gesê. “Ek was ook voorheen by Môreson betrokke en dit was heerlik om saam met hulle te werk.”

Volgens Corlia van Tonder van die inkoopsentrum, was dit 'n maklike besluit om by hierdie inisiatief betrokke te raak. “Onderwys is die toekoms van ons land en ons moet seker maak ons kinders geniet gehalte onderrig,” het sy aan Windhoek Express gesê.

Clarisse se ma Daphne is baie trots op haar dogter. “Jy het nie die titel nodig om 'n verskil te maak nie. Jy moet altyd daarna streef om 'n goeie rolmodel te wees.”

Clarisse hou ook nie hier op nie. Sy is vanjaar 'n graad 11-leerling by Windhoek Hoërskool en wil sy graag betrokke raak by die skool se Voice of Hope-projek.

Van die meisies van Mej. Tiener Namibië gaan die komende naweek 'n ontmoetingsessie by die Grove Mall hou. Diegene wat steeds 'n bydrae tot die projek wil maak, kan gerus enige skoonmaakmiddels en skryfbehoeftes by hulle kom aflewer.

Vir meer inligting, kontak [email protected]

Similar News

 

Orchestras that play together, stay together

19 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

19 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

19 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Taking hands to equip graduates

19 hours ago | Education

Given the country's high unemployment rate especially amongst university graduates, finding an internship or entry-level job is a challenge. In response to government's recent call...

Junior mayor makes major contribution

1 week ago - 10 February 2019 | Education

Windhoek’s junior mayor, Reschelle Beukes, made a huge contribution to the Mount View Secondary School by donating a containerised classroom valued at N$200 000 and...

Buig-buig die klas in

1 week ago - 10 February 2019 | Education

Windhoek • Yolanda Nel'n Idee wat een plaaslike kleuterskool juffrou op sosiale media gesien het, verskaf nou pure genot vir die kleuters in haar klas.Antoinette...

Graduates of 2030 start school

2 weeks ago - 03 February 2019 | Education

In a popular children's tale, a hungry little caterpillar eats everything in its path and finally turns into a beautiful butterfly. This story was slightly...

KEEP-ing kids out and about

2 weeks ago - 03 February 2019 | Education

If you have a child attending primary school in Windhoek, you may already have heard about the Khomas Environmental Education Programme (KEEP).In 2018, more than...

Taaltameletjie: Deskundige deel antwoorde

2 weeks ago - 03 February 2019 | Education

Alec BassonGraad R-leerlinge wie se moedertaal nie Engels is nie, vaar ewe goed as hul Engelssprekende maatjies wanneer dit kom by die stoor en verwerking...

Revamp for ­Omaheke hostels

3 weeks ago - 27 January 2019 | Education

The Ministry of Education has undertaken to upgrade and renovate facilities at two government school hostels in the Omaheke region.According to Education Director Peka Semba,...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

19 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

19 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

19 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

19 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

19 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

19 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

19 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

19 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

19 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More