Skuld loop hier hoog

05 August 2018 | Government

Yolanda Nel - Uitstaande munisipale skuld van 'n gebou op Okahandja wat aan die staat behoort, staan reeds op meer as N$700 000.

“Dit is glad nie iets nuuts vir ons nie,” het 'n munisipale beampte op die dorp gesê en bygevoeg dat dit beslis nie die enigste regeringsinstansie is wat 'n uitstaande rekening het nie.

Op 'n vraag oor die totale waarde van uitstaande skuld, het die werknemer gesê dit sal te lank neem om almal te noem.

Dié navraag het gespruit uit 'n inwoner van Okahandja wat die rekening per ongeluk in die hande gekry het ná hy dokumente by die betrokke ministerie se kantoor gaan optel het.

“Hierdie gebou is so groot soos 'n huis. Wanneer laas het hulle dan 'n rekening betaal?” wou hy weet. “Ek kan nie help om te wonder wat is die skuld van ander ministeries regoor die land nie.”

Volgens hom word die vinger so maklik na die munisipaliteit gewys oor die duur dienste.

“Hoe moet die munisipaliteit voorbly as die regering nie eers hulle skuld betaal nie?”

Die waterrekening van 25 Junie dui dat daar 'n uitstaande bedrag van sowat N$282 500 van Mei oorgedra is, terwyl Junie se rekening sowat N$18 690 beloop het.

“Hulle betaal eenvoudig nie en dan is die volgende rekeninge reeds op pad,” het die munisipale beampte gesê.

Volgens die beampte is dit nie net die mi­nisterie se gebou wat op die erf geleë is nie, maar ook die landdros, sowel as die polisie­stasie. “En moenie dink hierdie instansies skuld net op hulle waterrekening nie,” het sy bygevoeg.

Sy het gesê die uitstaande erfbelasting van die erf staan op sowat N$404 000. “Die uitstaande skuld is al ouer as 120 dae.”

Dié bedrag moet deur die drie instansies gedeel word.

Hoewel daar uitdruklik op die rekening staan dat alle rekeninge vereffen moet word om te verhoed dat die water afgesny word, is geen dienste by die gebou opgeskort nie.

“Ons sukkel regtig met regeringsinstansies terwyl daar geen merkwaardige gevolge vir hulle is nie,” het die beampte gesê.

Die ministerie op Okahandja is vir kommentaar genader, maar niemand was bereid om oor die aangeleentheid met Windhoek Express te praat nie.

Similar News

 

Reho soek inwoners aan stuur

2 months ago - 14 April 2019 | Government

Rehoboth • Yolanda NelDie soektog duur voort vir 'n geskikte kandidaat om die pos van uitvoerende hoof van die Rehoboth dorpsraad te vul. Intussen is...

Gobabis spog met junior dorpsraad

3 months ago - 17 March 2019 | Government

Gobabis • Yolanda Nel Die Gobabis dorspraad spog vir die eerste keer met ’n junior dorpsraad wat uit 12 leerlinge van drie plaaslike skole bestaan.Volgens...

CoW backtracks on water bills

3 months ago - 10 March 2019 | Government

After many residents queried their high water bills, the City of Windhoek has undertaken to rectify the backdated charges of single household consumers.“A water scarcity...

/Goagoses vs residents

4 months ago - 24 February 2019 | Government

Rehoboth • Jemima Beukes While it seems some Rehoboth residents are praising the Ministry of Urban and Rural Development's (MURD) representative in the Rehoboth Town...

Okahandja sit met hande in die hare

4 months ago - 03 February 2019 | Government

Yolanda Nel • OkahandjaDie uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit is gefrustreerd oor raadslede wat nie ingehuldig word nie.“Die raad is verdeel,” het me. Martha Mutilifa...

City's capped budget safe for residents

4 months ago - 03 February 2019 | Government

Jana-Mari Smit • WindhoekRural and urban development minister Peya Mushelenga confirmed this week that the painstaking and nearly six-month approach he adopted before he approved...

Christmas lunch for Windhoek’s elderly

6 months ago - 17 December 2018 | Government

Windhoek’s mayor last week hosted a Christmas lunch for the city’s elderly residents at the Katutura multipurpose centre field.Speaking at the event, mayor Muesee Kazapua...

Town planners want ad requirements altered

6 months ago - 03 December 2018 | Government

Yolanda Nel - Your neighbour plans on erecting a three-storey dwelling next door that will block your view.The person across the street wants to rezone...

Windhoekers wasting water

6 months ago - 26 November 2018 | Government

Given the heat wave the country is currently experiencing, it can be expected that water consumption has increased. However, this has dire consequences for the...

Okh-dorpsraad se ­waardasies te hoog

6 months ago - 26 November 2018 | Government

Yolanda Nel - Talle huiseienaars op Okahandja is moedeloos ná die munisipaliteit glo erken het dat sekere munisipale waardasies nie reg is nie, maar weier...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More