Spaar water of probleme kom

Indien Windhoekers nie binnekort hul water gebruik gaan verminder nie, gaan die stad 'n reuse waterkrisis in die gesig staar.

31 March 2019 | Disasters

Yolanda Nel



Huishoudelike waterverbruikers word gemaan om nie meer as 90 liter water per dag per persoon te gebruik nie, voor nóg strenger waterbeperkings in plek gestel sal moet word.

Volgens die skakelbeampte van die Windhoekse stadsraad, Lydia Amutenya, is die doel om 10% water te bespaar. “Maar sedert Januarie vanjaar word sowat 13% meer water verbruik as wat toelaatbaar is,” het sy gesê.

Dit beteken elke Windhoeker gebruik tot 101.7 liter water per dag.

Die stadsraad het reeds in Augustus verlede jaar 'n watertekort aangekondig wat volgens die droogte monitor-indeks (DMI) 'n 10% waterbesparing vereis.

Indien inwoners nie saamwerk om water te bespaar nie, kan die hoofstad in 'n erge-droogte kategorie geplaas word, wat 15% se waterbesparings tot gevolg gaan hê.

“Die stad se water kan uitgeput raak indien ons nie nou water spaar nie.

Boonop is die munisipaliteit se noodbronne reeds in gebruik, wat op die lange duur 'n ernstige effek gaan hê,” het Amutenya gesê.



Vergelyking

'n Windhoek huishouding met twee mense het per week 1 260 liter tot hul beskikking.

Volgens 'n infografiek van die Wes-Kaapse regering, oor hoe om met 50 liter water 'n dag te oorleef, word 10l per persoon per dag gebruik om te stort, 9l wanneer 'n toilet gespoel word en 2l om tande te borsel en hande te was.

Drie liter water word uitgehou om te drink, terwyl 1l gebruik word om te kook.

Die meeste water word gebruik wanneer wasgoed in 'n masjien gewas word, wat tot 70l water per bondel gebruik. Sowat 9l water word gebruik om skottelgoed te was en 5l om die huis skoon te maak.

Dié syfers kan verder aangepas word om nog meer water te spaar, deur semi-gesuiwerde water te gebruik om toilette te spoel en waterlose produkte vir wanneer die huis skoongemaak word.

Tog is die gebruik van semi-gesuiwerde water in Windhoek onwettig sonder die skriftelike toestemming van die stadsraad.

Volgens 'n media berig van 2016, was inwoners woedend oor 'n kennisgewing in die koerant waarin geskryf was: “Semi-gesuiwerde water speel 'n kritiese rol om drinkwater aan die stad te verskaf en daar is onderliggende gesondsheidsrisikos wanneer semi-gesuiwerde waterstelsels sonder enige toesig gekoppel word,” lui die berig.

Volgens Amutenya moet inwoners eerder vir korter tye stort en nie bad nie en enige lakkasies moet onmiddellik aandag kry. “Watermeters moet weekliks nagegaan word om watergebruik te monitor,” het sy gesê.

Similar News

 

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of drought

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Plans to place water along the Fish

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

Watertekort in hoofstad neem toe

1 week ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Severe water shortages in the East

2 weeks ago - 13 May 2019 | Disasters

Residents of Otjongombe village are facing difficulties due to the ongoing drought and severe water shortages in the area. Otjongombe is situated about 120 km...

Wilde vrugte hul enigste hoop

2 weeks ago - 12 May 2019 | Disasters

Sihepere • Kenya Kambowe Grond wat onbenut is weens die huidige droogte en die feit dat hulle werkloos is, is twee van die talle uitdagings...

Take water restrictions seriously

4 weeks ago - 28 April 2019 | Disasters

Yolanda NelAlthough progress can be seen in terms of saving water, it is minimal.So says spokesperson of the City of Windhoek, Lydia Amutenya.“The outcome of...

Food for conservancy schools

1 month - 07 April 2019 | Disasters

In March food benefits were distributed to schools throughout the N≠a Jaqna Conservancy - the largest in the country and one of only two...

Who will foot the oil spill bill?

1 month - 31 March 2019 | Disasters

Windhoek • Clemens von Alten Although the Gammams wastewater treatment plant is fully operational again, the quality of treated water leaves much to be desired...

Rosewood transporters have their say

2 months ago - 24 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Otis Finck A local trucker who is in the business of transporting Rosewood says Namibians are confused about the practise and have little...

Latest News

Raak nou deel van Klub...

1 day - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Een man se roeping om...

1 day - 26 May 2019 | Social Issues

Yolanda Nel Ongeag die uitdagings wat een man self in die gesig staar, het hy besluit dat wanneer God praat, dan bly jy steeds gehoorsaam...

Red die borste

1 day - 26 May 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel Hierdie entrepreneur wil graag in sy gemeenskap terugploeg en dus het hy besluit om geld in te samel om bystand te...

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

International recognition for Sun Cyles

1 day - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Plans to place water along...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

The world can be your...

1 day - 26 May 2019 | Education

The international vlogging competition Faces2Hearts is a competition organised by the European Union that aims to finding 20 young vloggers to take part in a...

Load More