Taxi verhogings knyp

Met salarisse wat al meer moet rek, trek baie pendelaars swaar aan die nuwe taxitariewe.

10 September 2018 | Transport

“[Die] verhoging beteken ek kan 5% van my salaris nie meer op ander noodsaaklikhede spandeer nie," - Pendelaar, Windhoek

Yolanda Nel - Pendelaars trek sedert verlede Saterdag swaar met die 20% verhoging op taxitariewe.

“’n Verhoging van 20% op vervoerkostes beteken ek kan 5% van my salaris nie meer op ander noodsaaklikhede spandeer nie,” het ’n Windhoekse pendelaar gesê. “Die N$160 wat ek elke maand ekstra op ’n taxi spandeer, klink dalk nie na veel nie, maar dit dit beteken minder brood vir my kinders wat skool toe gaan, en ook minder skoonmaakmiddels,” sê sy.

Dié addisionele uitgawe sluit net haar kostes in om tussen haar huis en haar werk te pendel, en nie haar kinders wat van tyd tot tyd ook van ’n taxi gebruik maak nie.

“Ons salarisse koop al hoe minder en ons almal voel die knyp,” sê sy en voeg by dat sy nie weet hoe om die geld in haar huishouding nog verder te rek nie.

Hoewel sy van busdienste gebruik kan maak, is dit algemeen bekend dat dit nie altyd ’n betroubare diens is nie en dat taxi’s, hoewel duur, jou darem meestal op tyd by jou bestemming gaan kry.

Bustariewe was sedert 2013, N$6 per rit en het vir die eerste keer in Julie vanjaar na N$7.50 verhoog.

Voor verlede week se aankondiging oor die verhogings, is daar maande reeds gespekuleer oor wat dit sou wees, met sekere unies wat ’n verhoging van 50% geëis het. Die aankondiging het egter verlede week gekom dat die Padvervoerraad (RTB) op 20% besluit het. Dié aankondiging is egter gemaak voor Woensdag se brandstofverhoging van ’n gemiddel van 40c per liter.

Daarmee saam hou algemene lewenskostes aan toeneem.

Tariewe

Nampa het berig dat die 20% verhoging op taxidienste van toepassing is. Indien ’n passasier in die verlede N$10 betaal het, is dit nou N$12, terwyl ’n N$20 tarief jou nou N$24 uit die sak sal jaag. Diegene wat N$30 betaal het, sal nou moet N$36 opdok.

Percy Nally van die RTB het gesê ’n boekie sal teen Oktober opgestel word wat die nuwe tariewe uiteensit. ’n Beroep is op verbruikers gedoen om alle taxi-bestuurders wat meer as hierdie bedrae vra, by die polisie te rapporteer.

Similar News

 

From Windhoek with love

1 year - 24 August 2017 | Transport

Air Namibia announced that as from March next year, Lagos (Nigeria) and Accra (Ghana) will be added to the airline’s route network.Apart from providing direct...

Train travel on the cards for commuters

1 year - 16 March 2017 | Transport

Namibia may soon offer a safe and reliable mode of transport on popular routes such as between central Windhoek and Katutura, Windhoek and Rehoboth and...

Latest News

Five new books launched at...

2 days ago - 10 December 2018 | Art and Entertainment

Earlier this week, five new local books were launched at the Namibia Scientific Society (NSS) in the capital.In Are you a Person or a Ghost?...

Basadi busts crime

2 days ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Die kind sonder 'n glimlag

2 days ago - 10 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Dis die kind sonder 'n tikkie hoop in sy oë, wat op 'n straathoek staan in verslonsde klere en vra vir net...

Pensioners to pay less

2 days ago - 10 December 2018 | Local News

A council resolution that was passed in 1993 to subsidize electricity costs of pensioners living in old age homes, is now being amended to include...

Kits to help rapid Hepatitis...

2 days ago - 10 December 2018 | Health

As of 29 November, there have been a total of 34 Hepatitis E-related deaths in Namibia.In light of this, the Ministry of Health and Social...

A town looking forward to...

2 days ago - 10 December 2018 | Infrastructure

Nina Cerezo - “For more than 80 years, Oranjemund was an isolated diamond town with the local economy almost completely based on the mining of...

Local chef to make Namibia...

2 days ago - 10 December 2018 | Art and Entertainment

Yolanda Nel - Many chefs starting out in their career dreams of entering competitions and being recognised for their hard work and effort.For one chef,...

Wen met jou Afrikaans

2 days ago - 10 December 2018 | Art and Entertainment

Die ATKV is weer opsoek na alles Afrikaans – van gedigte tot liedjies – vir die 23ste ATKV pluimpie toekennings.Die kategorieë vir die kompetisie is...

Junior hockey stars rewarded

2 days ago - 10 December 2018 | Sports

The Namibian Hockey Union (NHU) recently hosted the 2018 Bank Windhoek Junior Hockey Development League awards ceremony where medals were awarded to the age groups...

Load More