Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz

Toyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989 by die Tokio Motorskou onthul is. ’n Verbeterde konsep is in 1993 vertoon wat nader aan die produksieweergawe was.
Die filosofie agter die RAV (Recreational Active Vehicle) was om ’n kompakte passasiervoertuig te ontwerp wat oor viertrek beskik om ook in die veld te kan ry, maar terselfdertyd gerieflik op die teerpad kan rondrits. Die RAV was toegerus met ’n 2.0 liter petrolenjin en beskikbaar in twee- of vierdeurweergawes met handrat of outomatiese ratkas.
As klein, ekonomiese pretmobiel met ’n funksionele ontwerp, was die eerste RAV gewild onder die jonger geslag. Met die derde generasie het die “kompak” plek gemaak vir ’n medium-grootte gesinswa wat steeds op die grondpad kan baljaar, maar eintlik meer van ’n krooskarweier diens gedoen het.
Die vierde generasie was selfs groter, met nog minder sportiwiteit as die vorige generasie en ligjare verwyder van die aanvanklike ontwerpfilosofie.
Die nuwe vyfde generasie RAV4 is vroeër vanjaar in Suid-Afrika bekendgestel en ek het die 2.0 GX-R model met vierwielaandrywing en ’n CVT-outokas vir ’n week onder hande gehad. Hoewel steeds nie die aanvanklike klein pretmobiel van 20 plus jaar gelede nie, is die nuwe RAV4 GX-R meer SUV as MPV en verseker meer avontuurlik en sportief as die vorige drie generasies.

Voorkoms
Die nuwe RAV4 GX-R AWD vertoon dinamies en aggressief met ’n forse sierrooster. Die bakontwerp is byna hoekig met skerp lyne. Die GX-R AWD blyk effe hoër te hurk oor die wiele om die pens bietjie meer te lig. Groter plastiek beskerming om die wielboë, asook voor en agter onder die buffers vir die inval- en vertrekhoeke se moontlike stampe, beklemtoon die GX-R se forser voorkoms verder. As geheelbeeld vertoon die nuwe RAV4 GX-R vir my treffend en doelmatig.
Binnekant beïndruk die nuwe RAV4 met uitstekende afwerking en materiale van hoogstaande gehalte. Die ambiaans in die kajuit vergelyk baie goed met kompeteerders uit Duitsland. Die voorpaneel is prakties en ergonomies goed uitgelê en vertoon modern.
In GX-R gewaad word die nuweling standaard baie goed toegerus. Middel bo in die voorpaneel is ’n 7”-raakskerm waarop alle kommunikasie-, klank- en voertuiginligting asook SAT/NAV en tru-kamerabeelde vertoon word.
Die kajuit is ruim en bied sitplek vir tot vyf passasiers met die agterste insittendes wat gemaklik kan sit met meer as genoeg been-, knie-, skouer- en kopruimte.
Verder is daar praktiese sowel as nuwerwetse katoeters asook genoeg stoorplek vir alledaagse gebruikersgoedjies soos bottels, sleutels en selfone.
Toyota het die nuwe RAV4 GX-R ook goed toegerus in terme van veiligheid. Daar is sewe lugsakke, ABS met elektriese remverspreiding, remhulp, heuwel-af beheer, stabiliteitsbeheer, glybeheer asook beheer wanneer die sleepwa buite beheer wil swaai.
Die 2019 Toyota RAV GX-R is toegerus met ’n 2.0-liter viersilinder petrolenjin sonder turbokrag wat krag na al vier wiele stuur met behulp van ’n palwissel (CVT) outomatiese ratkas. Die enjin lewer maksimum 127 kW en 203 Nm wringkrag. Amptelike brandstofverbruik word aangegee as 6,7 l/100 km in ’n gemengde siklus van stadsverkeer en ooppad-ry.

Padgedrag
Ek was beïndruk met die nuweling se padgedrag en ritgehalte op die teer asook die lae vlakke van wind- en enjingeraas in die kajuit teen topsnelhede. Die GX-R het heerlik hanteer met ’n soliede gevoel van veiligheid wat meer tuis is by veel luukser, duurder en swaarder SUVs. Dit was egter op die grondpaaie waar die RAV4 my verbaas het met baie goeie greep, balans en ’n uiters gesofistikeerde ritgehalte, selfs op sinkplaatgedeeltes.
Terwyl die GX-R krag deur al vier wiele na die pad stuur, is die RAV4 eintlik meer van ’n stoftrapper (soft roader) as ’n veldryer. ’n Beheerknop laat die bestuurder toe om tussen verskillende ritmodusse te kies waaronder “Sand & Modder” en “Klip & Gruis” na gelang van die terrein.
Ek het ons toetsmodel behoorlik beproef op al die terreine en was verstom oor hoe gemaklik die GX-R klippe kon klim en die dik, los sand van die Weskus en Sandveld baasgeraak het, danksy die nuwe meganiese viertrekstelsel wat oor dinamiese wringkrag verspreiding beskik. Die stelsel kan die agteras uit die viertrekstelsel “ontkoppel” wanneer nodig of net die linker of regterwiel “uitskakel” wanneer nodig.
Die RAV4 GX-R AWD is ’n uitstekende voertuig en ek meen dat sou Toyota die 2.4 turbodiesel in die GX-R kon vasbout, baie Fortuner-kopers veel eerder die RAV4 sou koop. Die nuweling se binneruim is vir my netjieser ontwerp, beter uitgelê en meer modern. Verder voel die kajuit vir my net so ruim as die van die Fortuner, maar die gehalte van die materiaal en afwerking in die nuwe RAV4, skep ’n ambiaans van luuksheid wat by die Fortuner ontbreek.
Die nuwe RAV4 GX-R AWD voel Europees, selfs Duits, waar die soliditeit van die deure, die manier hoe sag en netjies die deure oop- en toemaak, soortgelyk is as die veel duurder Duitse kompetisie. Kortom, die RAV4 GX-R is myns insiens die beste kopie in hierdie mededingende segment.
Gaan toetsbestuur een by jou naaste Toyota-handelaar, jy sal dalk met een wil huis toe ry!

Similar News

 

New look for TrenTyre

1 week ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

1 week ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

2 weeks ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

2 weeks ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

1 month - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Celebrating wheels

1 month - 03 October 2019 | Motors

Barry de KlerkIt’s back and promises to be better than ever!For this year’s Pupkewitz Motorfest open day, dealerships across the country are getting ready for...

Dié Sweed laat die koppe draai

2 months ago - 16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.Ons...

’n Sagte ryding soos min

2 months ago - 04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda NelNog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf....

Warm Swift Sport spog nou met turbo

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzNoem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met...

Middeljare se mooimaakkuur

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2020-opgradering van die XC90 is 'n sprekende voorbeeld van hoe ­minimalisme ook hier toegepas word, met die konkawe sierrooster en nuwe...

Latest News

Second freeway phase launched

18 hours ago | Infrastructure

Yolanda Nel Phase 2A of the Windhoek – Hosea Kutaku dual carriageway was officially launched on Monday.Roads and transport minister John Mutorwa said at the...

Vandals to be brought to...

19 hours ago | Infrastructure

Vandalism of traffic signs in Windhoek is on the increase, placing drivers and pedestrians in danger, the City Police said.Many traffic signs have either been...

Be vigilant when buying land...

19 hours ago | Infrastructure

The Rehoboth Town Council (RTC) expressed concern over illegal land grabbers who are selling land, claiming to be legal owners without any proof of ownership.According...

Waar kom Kersvader vandaan?

1 day - 19 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die seun van ’n ryk posmeester geniet dit om eerder leeg te lê en sy pa se geld te spandeer as om virsy...

Fintech lets you say no...

1 day - 19 November 2019 | Technology

Llewellyn le HanéMoney is dangerous, it’s bulky, smelly, dirty. Processing and getting the money from a shop, restaurant, café or any other place of business...

Cash injection for Omaheke projects

1 day - 19 November 2019 | Infrastructure

The Omaheke Regional Council allocated N$8.5 million to 128 community projects through its community development programme. Each of the seven constituencies in the region received...

There’s a fine line…

1 day - 19 November 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] opening of a solo exhibition by Michael Mansfield titled A Fine Line took place at Die Muschel in Swakopmund on Friday.Mansfield is...

KfW and NamPost support SMEs

1 day - 19 November 2019 | Business

The German development bank KfW and NamPost supporting small and medium enterprises and households in rural areas with a concessional loan of N$325 million. The...

Blood donors celebrated

1 day - 19 November 2019 | Local News

The Blood Transfusion Service of Namibia (NamBTS) recently awarded milestone donors who have showed continued commitment in helping save lives through the altruistic act of...

Load More