Tweede operasie vir baba Joshua

Die band tussen ouer en kind is onbreekbaar en wanneer jou kind in nood is, doen jy wat jy kan om seker te maak dat hy nie meer seer het nie.

17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel

Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van Gobabis, het ’n donker wolk oor hierdie vreugde kom hang.

Baba Joshua Maasdorp, nou drie maande oud, het met ’n geboortedefek die wêreld ingekom, wat inderhaas tot ’n kolostomie gelei het. “Ek was kort na sy geboorte uit die hospitaal ontslaan, toe Joshua ’n koors begin ontwikkel het en ons is terug hospitaal toe,” vertel Joshua se ma, Morenzia.

Vir pa Gert was dit moeilik om te aanskou. “Joshua was bloedrooi in sy gesiggie en sy maag was erg opgeswel. Dit was hartseer om te sien,” vertel hy.

Joshua was net ’n paar dae oud toe hy ’n noodoperasie in Windhoek moes ondergaan. En nog twee operasies wag om die probleem te herstel. “Ek weet hoe seer ek was na die keiser, so dit breek my hart om te dink my baba moet ook deur ’n operasie gaan,” sê Morenzia.

Benewens die skok van ’n geboortedefek, het die familie ook eers ná sy geboorte uitgevind hul seun het Down-sindroom. “Ons dokter het dit nooit tydens die swangerskap opgetel nie,” vertel sy. Aangesien dit haar tweede swangerskap was, het hulle gedink alles was soos voorheen, normaal.

By tye is dit moeilik, “maar jy is sterk vir jou baba. Dis jou as ouer se plig,” sê Morenzia.

Die paartjie was oorstelp toe hulle uitvind Morenzia verwag ’n seuntjie, “want ons het reeds ’n dogtertjie,” het sy vertel.

Ousus is baie erg oor klein Joshua en geniet sy haar kleinboet vreeslik. “Sy is baie lief vir hom,” sê Morenzia.

Hoewel die familie oor medies beskik, word die chirurg en die narkotiseur nie deur die regering se mediese fondsskema gedek nie. Dus moet die operasie kontant betaal word. “Dit wat ons moet betaal, is sowat N$60 000,” vertel die paartjie.

Die tweede operasie is vir middel April geskeduleer. Indien die operasie ’n sukses is, sal die kolostomie-sakkie na ses weke verwyder kan word.

Die gemeenskap van Gobabis staan nou saam om geld vir die operasie in te samel. Gerrit en Sandra Mouton is al lank besig met die reël van ’n Gospelfees wat op 22 Maart by die VGK-saal op Nossobville gehou gaan word.

“Ons is dankbaar vir die Here vir die lewe van klein Joshua en dus moet ons hand bysit waar ons kan,” vertel Gerrit.

Kaartjies kos N$40 per persoon en New Identity, Bernadine Goliath, Sandra Mouton en verskeie kerk jeuggroepe gaan optree. Vir kaartjies of om betrokke te raak, kan Gerrit by 081 582 2161 of [email protected] gekontak word.

Similar News

 

Vlinders vlieg hoog

6 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Beauty queens aim to uplift others

1 week ago - 11 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

2 weeks ago - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om 'n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

Oom Basil plant dat die biesies bewe

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Gerine Hoff Oom Basil Paris is ’n pensioenaris van Rehoboth wat glo hy is die eerste Namibiër wat ’n pynappel geplant het wat nou ’n...

The heart of a champion

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts.Müller, who is currently a grade...

Deur God geseën

1 month - 21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Nadat 'n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder hoe...

'n Huis vol aapstreke

1 month - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Get yourself a sleepin', walkin', livin' doll

1 month - 07 July 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw In what can very much be described in the words of Cliff Richard and The Young Ones 1959-hit, “Living...

Silently moving through the city

1 month - 07 July 2019 | People

Windhoek • Lisa Plank Axel Conrad slips the key into the ignition of his SUV and turns it on.You can't hear a thing.“The engine is...

Through his lens

1 month - 30 June 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel With no experience or any knowledge of photography, an entrepreneur began looking­ at life differently ­after developing his first set of...

Latest News

Thomas, Armas victorious

5 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

6 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

6 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

6 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

6 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

6 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

6 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More