Veilige sagteware- en regstelsels nodig vir kubersekuriteit

21 October 2019 | Technology

Met ’n algemene toename in die hoeveelheid kuberaanvalle op beide individue en organisasies, moet ons meer as net bewustheid skep; ons moet ook dringend daaraan werk om beter en veiliger (sagteware-) stelsels te skep terwyl ons regstelsel ook opgeknap moet word – alles goed wat nie maklike uitdagings is nie.
Dít is die mening van die kubersekuriteitskenner, prof Bruce Watson van die departement inligtingwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.
Met Oktober wat Kubersekuriteitsmaand is, word al hoe meer mense en organisasies aangemoedig om stappe te doen om hulself teen die wandade van kubermisdadigers binne die kuberruimte te beskerm, sê Watson.
“Dit is krities, gegewe die huidige toename in strikroofpogings (’n bedrieglike praktyk om valslik e-posse te stuur wat lyk of dit van ’n geldige, erkende maatskappy of departement gestuur is) ten einde individue uit te lok om persoonlike inligting soos wagwoorde of kredietkaartnommers te verskaf of om swendelary te pleeg.
“Indien ’n organisasie se stelsels nie voldoende beskerm is nie, is hulle kwesbaar vir aanvalle deur kubermisdadigers wat hulself as banke of regeringsdepartemente voordoen om niksvermoedende, wetsgehoorsame burgers en sake-inligting bloot te stel en uit te buit.”
Volgens Watson is dit hoofsaaklik die private sektor wat kampvegters vir inisiatiewe is om kubersekuriteitbewustheid te skep, terwyl die Suid-Afrikaanse regering nog ver agter is. “Sodanig sal net iemand wat bewus is van kubersekuriteit kan help om die gapings binne die regering in terme van die hantering van kwessies rakende kubersekuriteit bloot te lê. Namate tegnologie ontwikkel, sal meer en meer mense op dienste aandring wat van die regering verwag om hulle teen kuberaanvalle te beskerm.”
Watson erken dat kubersekuriteit ’n moeilike saak is en daar is verskeie redes hiervoor.
“Eerstens kom die kuberruimte nie die gewone reëls van die wêreld na nie. Daarom is dit nie genoeg om ‘in ’n goeie buurt te woon’ ten einde teen ’n kuberaanval bestand te wees nie. Alles word al hoe meer met mekaar verbind en ons kan per ongeluk en oor ’n lang afstand ’n kuberaanval beleef. Dit is ook maklik om anoniem op die internet te wees, wat toerekening bemoeilik.
“Ideaal gesproke is hierdie kriminele aktiwiteite wat by die owerhede aangemeld en ingevolge ’n betrokke wet vervolg moet word. Ons moet ten minste in staat wees om die toepaslike wette wat oortree is, uit te ken en dan bewus te wees van die prosesse wat ons moet volg om die misdadigers aan die pen te laat ry.”
Daarom is dit belangrik dat kubersekuriteitsverdediging verskerp, sê Watson. En nie net wat normale burgers of gebruikers betref nie, maar ook die bouers van sagtewarestelsels, asook die sekuriteit van die land as ’n geheel.
“Op die ou einde maak ons almal op tegnologie staat: van elektrisiteit tot bankdienste tot lughawens en vliegtuie tot vermaak. Indien al hierdie goed in gebreke bly, kan die uitwerking wissel van iets wat maar net ’n ergernis veroorsaak tot grootskaalse ekonomiese skade.”
Watson sê mense kan hulself daarteen beskerm om slagoffers van kuberaanvalle te word deur nie op verdagte skakels (veral in e-posse) te klik nie, en deur nie aanhegsels sommer net oop te maak nie en deur seker te maak dat hul toestelle en antivirus-sagteware opgedateer is.
“Moenie openbare of gratis WiFi vir persoonlike of banktransaksies gebruik nie, dit is gevaarlik. Gebruik eerder ’n virtuele private netwerk (VPN). En onthou: Indien dit gratis is, is jy die produk,” waarsku Watson.

Similar News

 

Fintech lets you say no to cash

19th of November 16:15 | Technology

Llewellyn le HanéMoney is dangerous, it’s bulky, smelly, dirty. Processing and getting the money from a shop, restaurant, café or any other place of business...

Damaged WACS sections being replaced

2 months ago - 11 September 2019 | Technology

Swakopmund • Erwin LeuschnerA two kilometre section of the West Africa Cable System (WACS) submarine cable is being replaced at the Swakopmund beach at the...

Cybersecurity in the spotlight

2 months ago - 09 September 2019 | Technology

The Namibian chapter of the Information Systems Audit and Control Association (ISACA) recently hosted a one-day conference on Navigating through uncertain times. Topics centred on...

Using tech to heal

3 months ago - 18 August 2019 | Technology

Windhoek • Kehad Snydewel Medicine, healthcare and going to the doctor or hospital has for centuries been the procedure when we feel sick.These days, even...

Make your listing stand out online

3 months ago - 28 July 2019 | Technology

For the most part, house hunting has become an easily digestible, digitalised process tailored to suit the needs of busy individuals who scroll through property...

Embrace change!

4 months ago - 23 June 2019 | Technology

Windhoek • Llewellyn le HanéNetflix, Uber, Apple, Amazon, Airbnb.Each of these companies is a household name, even in Namibia where we don't even have access...

A journey into the Dark Net

9 months ago - 27 January 2019 | Technology

Frank Steffen - The Namibian Scientific Society recently hosted a talk by the private investigator and self-proclaimed hacker, Andrew Fordred, where he tackled a sensitive...

In case of an emergency…

11 months ago - 03 December 2018 | Technology

Emed Rescue24 recently launched the new Emed Rescue 24 Mobile App, providing users with fast access to medical assistance in the event of a medical...

Greater capacity, faster internet speed

1 year - 05 November 2018 | Technology

“With our fibre network, we are able to offer cloud-based services to consumers,” said MTC’s acting chief executive, Thinus Smith, at the launch of the...

HESS's future in the balance

1 year - 15 October 2018 | Technology

Eberhard HoffmannThe renowned observatory on farm Göllschau near the Gamsberg, is expected to cease exploration, should operators not agree to the continuation of research activities...

Latest News

Fintech lets you say no...

19th of November 16:15 | Technology

Llewellyn le HanéMoney is dangerous, it’s bulky, smelly, dirty. Processing and getting the money from a shop, restaurant, café or any other place of business...

Cash injection for Omaheke projects

19th of November 15:49 | Infrastructure

The Omaheke Regional Council allocated N$8.5 million to 128 community projects through its community development programme. Each of the seven constituencies in the region received...

There’s a fine line…

19th of November 15:45 | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] opening of a solo exhibition by Michael Mansfield titled A Fine Line took place at Die Muschel in Swakopmund on Friday.Mansfield is...

KfW and NamPost support SMEs

1 hour ago | Business

The German development bank KfW and NamPost supporting small and medium enterprises and households in rural areas with a concessional loan of N$325 million. The...

Blood donors celebrated

1 hour ago | Local News

The Blood Transfusion Service of Namibia (NamBTS) recently awarded milestone donors who have showed continued commitment in helping save lives through the altruistic act of...

Big smiles from Godfried

2 hours ago | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

A real treasure chest!

2 hours ago | Education

A new reading room called the “Schatzkiste” (treasure chest) was officially opened and inaugurated during a small ceremony at the pre-school and language development department...

Long course year comes to...

2 hours ago | Sports

Last weekend, the last Bank Windhoek Long Course Gala for the year took place at the Western Suburbs Municipal Pool in Windhoek. Hosted by Dolphins...

Namibians their own worst enemy

9 hours ago | Local News

Yolanda Nel More than 4 000 people lost their lives on Namibian roads since 2014. Of this number, 509 have diedon Namibian roads so far...

Load More