Vir 'n lekker mondvol

Of jy die langpad deur Gobabis aanpak en of die dorp jou eindbestemming is, doen jouself 'n guns en gaan maak by hierdie koffiewinkel 'n draai.

14 April 2019 | Art and Entertainment

Gobabis • Yolanda Nel



Met die inloopslag sien ek amper nie die naam raak nie, maar met sy groen geverfde mure, kan die Groentemandjie koffiewinkel op Gobabis beswaarlik misgeloop word. Jy moet letterlik eers by die groentewinkel instap voor jy die deure vir die koffiewinkel vind. Tog is die klein eetplekkie 'n brokkie goud.

Met ons onlangse kuier daar, glimlag ons kelnerin vriendelik en sit drie spyskaarte op die tafel voor ons neer.

Sonder om te skroom, bestel ek die grootste gesoute karamel melkskommel denkbaar. My eetmaats is voorbeeldig en drink onderskeidelik water en sap. Maar na die eerste sluk weet ek: Enigiets wat só lekker smaak, is die kalorieë werd.

Ons daguitstappie na Gobabis was uitputtend in die hitte en met die langpad terug Windhoek toe wat nog voorlê, was 'n groot bord kos nie vir ons beskore nie. Die koffiekroeg het gelukkig 'n wye verskeidenheid ligte etes en ons besluit op 'n vol brötchen met biltong, avokadopeer en tamatie. Ek besluit om die tamatie vir kaas te ruil.

En was die broodjie nou nie 'n hoogtepunt vir die dag nie! Ons hoef nie te soek vir die biltong op die bord nie, want dit is oral en elke hap is sowaar 'n mondvol heerlike beesvleis. Na die ete bly daar genoeg biltong in die bord oor vir 'n peuselhappie.

Boonop is die prys billik. Die vol brötchen en melkskommel het my maar N$53 uit die sak gejaag.

Ek sal die koffiewinkel vir enige iemand aanbeveel as hulle hulself ooit in die gewest (of ooste) bevind. Die diens is vinnig en die personeel vriendelik.

Teen middagete het 'n paar gereelde besoekers die stoele kom vol sit – van hulle vir 'n vinnige koffie en ander vir 'n vergadering of twee. As jy só met die uitstap onthou van vanaand se aandete, kan jy sommer gou al jou groente in 'n mandjie pak.

Gaan maak gerus 'n draai. Jy sal nie spyt wees nie.

Similar News

 

Events calendar

6 days ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Your own worst enemy

1 week ago - 14 April 2019 | Art and Entertainment

It's 1986 and an encounter at an amusement park leaves one young girl so unsettled, she suppresses the memory for more than three decades.Fast-forward to...

Jyz York drops '3'

1 week ago - 14 April 2019 | Art and Entertainment

Omaruru • Adolf Kaure Rapper Jedidiah Yorokee Ziabulela, better known as Jyz Yorke, recently released a mixtape titled 3.A mixtape is a compilation of music,...

On rescuing and being Rescue(d)

2 weeks ago - 07 April 2019 | Art and Entertainment

A creative skill that developed at a young age “at a time when we had no books, pens or pencils”, has become not only bread...

DJ Alba releases latest single

2 weeks ago - 07 April 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Adolf KaureAlba Hamukwaya, better known in music spheres as DJ Alba, released her latest single titled “Cymatix” recently.Alba, who attended high school in...

Events

2 weeks ago - 07 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

A father's revenge

2 weeks ago - 07 April 2019 | Art and Entertainment

After his son is killed by drug dealers, snow plough driver and “Citizen of the Year” Nels Coxman (Liam Neeson) begins to hunt down the...

When old and new unite

3 weeks ago - 31 March 2019 | Art and Entertainment

The kid who would be king opens with an animated overview of the Arthurian legend, quickly bringing viewers up to date on King Arthur, his...

Events calendar

3 weeks ago - 31 March 2019 | Art and Entertainment

Currently running• On the Brink, an exhibition by visual artists Ndakondjelwa Nghipandulwa and Davido Indongo can be viewed at the National Art Gallery until 4...

Nashawn drops 'Without Me'

3 weeks ago - 31 March 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Adolf Kaure Well-known rhythm and blues musician George Marenga (26) better known to his fans as Nashawn, recently released his debut single,...

Latest News

Klein dade, groot harte

6 days ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

6 days ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

6 days ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

6 days ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

6 days ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

6 days ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

6 days ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

6 days ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

6 days ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More