Vlinders vlieg hoog

Een aand het 'n man sy vrou aangemoedig om 'n baba-­uitrusting te maak - 'n tutu later en die gogga het gebyt.

18 August 2019 | People

“Dit het net een uitrusting gekos en ek was verlief.” Carla Gloeditsch, eienaar

Windhoek • Yolanda Nel



Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat.

Juis daarom het 'n mamma besluit om self kinderuitrustings te begin maak.

Volgens Carla Gloeditsch was sy en haar man in die Kaap saam met hul twee dogters met vakansie. “Shyanne, die jongste, se eerste verjaardag was om die draai. Pappa wou 'n blommepartytjie vir sy Blom reël en dit het natuurlik 'n spesiale uitrusting nodig gehad,” vertel sy.

Hulle het iemand gekry om die uitrustings te maak en haar man, Bennie, het dadelik gesê dat Carla in staat is om hierdie soort uitrustings self te maak. “Ons het die volgende dag sommer alles gaan koop wat nodig was, en hy het my aangemoedig om dit as 'n stokperdjie te begin,” sê sy met 'n glimlag. “Dit het net een uitrusting gekos en ek was verlief.”

Só is Butterfly Kisses in 2016 gebore.



Voltydse werk

Hoewel dit as 'n stokperdjie begin het, het Carla dit 'n voltydse besigheid gemaak nadat Bennie in Januarie 2017 in 'n motorongeluk oorlede is. “Skielik was ek 'n alleenouer met twee dogters,” vertel sy hartseer. Ten spyte van hoe moeilik daardie tyd in haar lewe was, het die besigheid maand tot maand net aanhou groei.

Sy maak lankal meer net tutu's nie. Kliënte kan kies en keur tussen verjaardagpakkies vir seuns en meisies, uitrustings vir fotosessies en bykoms­tighede vir kinders en grootmense. Sy maak ook dekoritems. Carla kry ook baie navrae oor klere vir volwassenes, maar omdat sy op die oomblik alleen werk, het sy nie tyd daarvoor nie. “Ek is mal daaroor om hierdie baba-uitrustings te maak en wil eer­der daarop fokus.”

Sy kry die meeste van haar idees op die internet, maar kliënte kom ook met tye met hul eie. “Ek neem ook soms 'n basiese patroon en verander net die detail, veral met dooprokkies. Ek hou daarvan dat elkeen uniek is. Baie keer sal ek meer as een idee vat en dit dan kombineer,” sê sy.

Carla het nog altyd daarvan gehou om met haar hande te werk en op die plaas het sy begin om bykomstighede te maak. “Toe ons Okahandja toe getrek het, het ek baie besig geraak met die bykomstighede en was dit vinnig in groot aanvraag.”



Inspirasie

Sy put inspirasie uit haar familie. “My gesin is die mense wat my elke dag van my lewe positief hou en wat altyd daar is vir my.”

Sy onthou hoe Bennie altyd eerste kommentaar op haar sosialemedia-inskrywings gelewer het as sy 'n kliënt se bestelling voltooi het. “Hy het my elke dag aangemoedig om nooit hierdie passie te verloor nie. Hy het altyd gesê ek is so goed daarmee.”

Dae wanneer sy voel sy kan nie meer aangaan nie of alles raak net te veel, dan hou sy vas aan daardie woorde. “Dit bring vertroosting. Hy het my nie net aangemoedig om dit te begin nie, hy bly steeds my motivering om daarmee vol te hou,” vertel sy.

“Die gedagte dat ek kindertjies se hartjies bly maak met die uitrustings motiveer my ook baie elke keer as die mamma die terugvoering gee oor hoe bly hul kleintjie daaroor was,” sê sy opgewonde.

Sy geniet dit die meeste wanneer sy 'n groot uitdaging in die gesig staar en dit laat aande kos om dit te voltooi, en die eindproduk is presies wat die ouers wou gehad het. “My meisiekinders sê altyd vir my ek moet ophou twyfel in myself en my werk, want ek weet ek kan.”

Carla sukkel by tye om die regte materiaal vir spesifieke uitrustings in die hande te kry en sy wil nie kliënte teleurstel nie. “As 'n entrepreneur is dit soms moeilik om almal tevrede te stel, maar ek druk myself om ge­reeld iets nuuts te leer en dit vir myself makliker te maak.”

Sy werk op die oomblik nog alleen, maar het planne om binnekort uit te brei en gaan beslis naaldwerksters moet aanstel. “Ek gaan baie meer goed inbring by die besigheid wat my aandag gaan verg,” vertel sy.

Vir bestellings en om te sien wat sy alles maak, besoek Butterfly Kisses se Facebook-blad.

Similar News

 

Father, daughter moments on paper

1 month - 01 April 2020 | People

Windhoek • [email protected] simple these words seem, yet how deep they are! How easy it is to type something on a piece of paper for...

A lifetime for Delta

3 months ago - 21 February 2020 | People

Windhoek’s Delta Primary School (DSW) is 50 years old today. To see what happens behind the scenes at, Evelyn Rosar of the Allgemeine Zeitung accompanied...

Japie hardloop vir bejaardes

3 months ago - 17 February 2020 | People

Yolanda Nel - Fiksheidsinstrukteur Japie Greyvenstein is besig om geld vir die bejaardes van Senior Park in te samel en maak só deur aan die...

‘Nou begin die lewe eers!’

3 months ago - 11 February 2020 | People

Evelyn Rosar - Dis 08:30 en koffie en tee word by die Oude Rust-oord in Windhoek bedien. Oupa Harry gaan sit saam met die ander...

Big smiles from Godfried

6 months ago - 19 November 2019 | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

6 months ago - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Bederf ’n boervrou

7 months ago - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Die verhaal van Mamma Afrikaner

7 months ago - 14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder. Moria Grace is...

Welkom terug, dr. Glen-Spyron!

8 months ago - 17 September 2019 | People

Windhoek • Gerine Hoff Vir die eerste keer in baie jare beskik Windhoek, en die land, oor ’n periodontis van ons eie met dr. Olivin...

Edgy young designer dreams big

8 months ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Latest News

Councillors could be held liable...

2 days ago - 29 May 2020 | Local News

Windhoek • [email protected]sons involved in approving the proposed scheme of signing a deal with Chinese firm Huawei Communications should know that they may be acting...

Katutura’s homeless learn from Baxu

2 days ago - 29 May 2020 | Environment

The Legal Assistance Centre (LAC) yesterday (28 May) brought the short film Baxu and the Giants to children and youth currently accommodated at the Katutura...

EES gets comfortable with his...

2 days ago - 29 May 2020 | Art and Entertainment

Around nine years ago a fresh new shoe was added to the market – colourful and proud, representing Namibian colours and lifestyle. The designer? None...

PAY on the go

2 days ago - 29 May 2020 | Social Issues

Physically Active Youth (PAY) has been able to reach 353 people in 55 households with food and toiletry packages as part of their outreach programme...

Power to the people

2 days ago - 29 May 2020 | Energy

A N$15.5 million electrification project to supply power to nine informal settlements and 1 000 households over the next five years, was signed by the...

Security threat biggest 5G concern...

2 days ago - 29 May 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] hours of deliberating council procedures during the monthly meeting on Thursday, the agendapoint of the Memorandum of Understanding (MoU) between Huawei Communications...

‘Smart City’ but lacking basic...

3 days ago - 28 May 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] With talks that the City of Windhoek (CoW) is planning to introduce 5G technology to the capital, many residents are still not...

Wat is op jou bord...

3 days ago - 28 May 2020 | Art and Entertainment

Windhoek · [email protected] jy ‘n eg Namibiese eetplek besit wat binnekort ‘n spsiale aanbieding aan die publiek gaan bekendstel, soek Namibia Adventures jou kos op...

Bank assists with Covid test...

4 days ago - 27 May 2020 | Social Issues

Thanks to a donation of 500 reagent testing kits and nasopharyngeal swab collection kits by Bank Windhoek, the Namibia Institute of Pathology (NIP) can carry...

Load More