Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

31 January 2020 | Motors


Dirk Gallowitz

Terwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in só ’n voertuig te bied, nie sukkel om in die vraag daarna te voorsien nie.
Die nuwe VW T-Cross 1.0TSI Highline R-Line is weliswaar net die modelopvolger van die vorige VW Polo Cross, maar die nuweling se moderne voorkoms en funky stilering laat die Polo Cross vaal en oninteressant vertoon. Dit is gevolglik geen verrassing nie dat die T-Cross plaaslik reeds met goeie verkope spog.

Voorkoms en ontwerp
In leketaal is die nuwe T-Cross 1.0TSI Highline R-Line die resultaat van wanneer jy ’n Polo met ’n kleinerige sportsnuts kruis. Die nuwe lyfie is netjies op ’n MQB-platform, soortgelyk aan die onderstel waarop die groep se Polo gebou is, gemaak pas. VW se ontwerpers het daarin geslaag om ‘n vars moderne en hups-astrante voorkoms in ’n nuwe bakontwerp met opvallende funky bakkleure te kombineer.
Van voor vertoon die T-Cross baie soos sy groter SUV ouboet die Tiguan, veral in die sportiewe R-Line gewaad. Die bykans hoekige ontwerp met sterk reguit kantlyne en groot lae-profiel wiele beklemtoon die familietrekke as jy die buksie van die kant betrag, terwyl die agterkant aan die T-Cross ‘n eie identiteit gee met ‘n unieke agterlig kombinasie wat oor die breedte van die agterklap strek.

Binneruim en toerusting
Die T-Cross is wat kajuitgrootte betref gelykstaande aan die Polo sedan. Die kajuit sal gerieflike sitplek aan vier insittendes bied, met die kompakte laairuimte wat die maandelikse kruideniersaankope van ’n klein gesin behoort te akkommodeer.
Amptelik word die laairuimte se kapasitiet aangegee as 377 liter. Die agtersitplekke kan egter op relings skuif. Kies jy maksimum beenruimte, dan skuif jy die sitplek so vêr terug as moontlik en om maksimum 377 liter te laai, skuif jy dit maksimum vorentoe en vergroot die laairuimte tot 455 liter. Uiteraard kan dit nog verder vergroot word as die agtersitplekke, wat 60:40 kan verdeel, platgeslaan word.
Binnekant is dit egter die ontwerp, ergonomie en fieterjasielose voorkoms wat myns insiens die T-Cross se sterkste argument na ’n voornemende koper uitdra. Die kajuit straal ook ’n ambiaans van gemak en praktiese moderniteit uit wat dit vir my aangenaam gemaak het om die T-Cross te bestuur. Ek het ook gehou van die materiaal oorgetrekte sitplekke.

Ekstra geriefies
Ons toetsmodel was toegerus met etlike ekstra geriefies wat opsioneel tot die standaard modelspesifikasie bestel kan word. As ek moet kies tussen al die opsionele ekstras waaronder elektriese sondak, groter infotainment stelsel, elektrise sitplekke, ens. sal ek ekstra betaal vir die Park Package (om en by N$9 000) wat tru-kamera, voor en agter parkeergonsers en elektries beheerde wegvoubare kantspieëls insluit. Ook sleutellose toegang (plus minus N$5 000) en dalk ook die SatNav stelsel sal op my lys van opsionele ekstras wees.
Die groot raakskerm (opsionele “Active Info Display” met “Discover Media infotainment”-stelsel) in die middel bo op die voorpaneel tref die oog en bied alle inligting met betrekking tot klank, musiek, navigasie, rit en telekommunikasie. Die stelsel werk intuitief en is gebruikersvriendelik met groot ikone waarmee die belangrikste nutsfunksies vinnig bereik kan word.
Ook die dik leeroorgetrekte sportstuurwiel met verskeie skakelaars vir sleutelfunksies dra by tot die gevoel van gehalte in die T-Cross se binneruim.
Ander standaard toerusting sluit in klimaatbeheer vir die lugversorging, hoogte en teleskopiese verstelling vir die stuurwiel, vier USB-sokke (2 voor en 2 agter), spoedbeheer, elektriese vensters en reënsensors vir die ruitveërs. Wat veiligheid betref bied die T-Cross lugsakke, ABS met EBD asook remhulp en stabiliteitsbeheer wat glybeheer insluit.

Enjin en verrigting
Volkswagen SA bied tans die T-Cross aan met slegs een enjingrootte, naamlik ’n 1.0 liter petrolturbo, maar ander enjinvariante word blykbaar vanjaar tot die modelreeks gevoeg.
Ons toetsmodel was die duurder Highline weergawe (daar is ook ’n goedkoper Comfortline model beskikbaar) met die opsionele R-Line afwerkingpakket (ongeveer N$18 000 ekstra by die standaard prys). Die 1.0 liter TSI turbo petrolenjin in die Highline lewer 85kW se piekverrigting en bied 200Nm maksimum wringkrag. Krag word na die voorwiele gestuur met behulp van ’n 7-gang dubbelkoppelaar outomatiese ratkas wat ook met ratspane agter die stuur gewissel kan word.
Volkswagen se amptelike brandstofverbruik vir hierdie model word aangegee as 5.3 L/100 km, maar ek kon gedurende my tydjie met die motor slegs ’n beste syfer van 5,9L/100km behaal. Dalk moet ek net noem my regtervoet is gewoonlik maar aan die swaar kant.

Padgedrag en ritdinamika
Op die pad het die T-Cross meestal beïndruk, maar tog ook effe teleurgestel. Hantering, greep en stuurgevoel was goed grootliks te danke aan ’n uitstekende onderstel en veerstelsel. Die 1.0 turbo-enjin het danksy die klein bak en ligte gewig nooit die idee gegee dat dit swaarkry of nie genoeg oemf tot beskikking gehad het nie. Teen lae toere in spitsverkeer kon die 200Nm wringkrag ook sorg dat die T-Cross gemaklik versnel uit kort draaie en om sirkels. Die DSG-ratkas is ’n juweel, maar my toetsmotor het soms in trurat effe gehuiwer en dan skielik agteruit “gespring”. Dalk kan dit ook die versneller reaksie wees.
Gee jy egter vet en hardloop die toere na die rooimerk toe, veral wanneer daar op die snelweg verbygesteek moet word, dan hoor jy die enjintjie egter protesteer. Andersins was dit ’n aangename ervaring wanneer daar rustig op die ooppad getoer word.
Ritgehalte is ook normaalweg heel aangenaam. Die R-Line afwerkingspakket kom egter standaard met groot 18” allooiwiele en lae-profiel rubber. Terwyl dit sportief vertoon en aan die T-Cross ’n aggressiewe verrigtingsbeeld bied, inhibeer dit ritgehalte as die padoppervlakte effe ongelyk raak. Erger nog wanneer daar op grondpaaie met sinkplaatgedeeltes gery word.

Gevolgtrekking
Die T-Cross 1.0T Highline R-Line soos getoets is na my mening seker die mooiste kompak SUV in sy segment. Terwyl daar tekortkominge is in sy mondering en die opsionele ekstras myns insiens onnodig duur geprys is (soos getoets met al die opsionele ekstras ingesluit was ons toetsmodel se prys meer as N$430 000!), beklee die T-Cross tans die hoogste posisie op my begeerlikheidsindeks in sy segment en is juis daarom tans so gewild. ’n Vroeë gunsteling vir die gesogte 2020 Autotrader SAGMJ Motor van die Jaar titel.
Met die goedkoper model wat blykbaar vir minder as N$300 000 in standaardgewaad gaan verkoop wanneer VWSA dit plaaslik bekendstel, gaan dit verkope verder aanjaag.

Similar News

 

The Beast hits Namibian soil

2 weeks ago - 29 June 2020 | Motors

In spite of the havoc that the coronavirus has created, Auas Motors now debuts the first Isuzu D-Max Arctic AT35 in Namibia.The limited edition 3-litre...

Nuwe Toyota Corolla – die staatmaker nou nóg beter

1 month - 01 June 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie wêreld sonder ’n Toyota Corolla is omtrent soos ’n leefstyl sonder rugby en braaivleis – dit is nou in ’n Suid-Afrikaanse...

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

4 months ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

4 months ago - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Renault verras met bekostigbare Triber

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Cars need speed control devices – NUDO

4 months ago - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

4 months ago - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Mahindra se Pik (me) Up S11

5 months ago - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

7 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

New look for TrenTyre

8 months ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

Latest News

Housing remains vastly inadequate

21 hours ago | Local News

Windhoek • [email protected] it was projected that Namibia would be 66% urbanised by 2020, the powers that be failed to respond through appropriate strategies to...

Bosses beware – scammers at...

22 hours ago | Crime

Nampol has warned members of the public, personal assistants to chief executives and managing directors, as well as CEOs and MDs themselves, to be weary...

Airport expansion: Cabinet satisfied with...

22 hours ago | Infrastructure

The cabinet committee overseeing the expansion of Hosea Kutako International Airport is satisfied with the progress made so far, the Namibia Airports Company (NAC) announced...

Miller and Vorster race to...

23 hours ago | Sports

Alex Miller and Michelle Vorster were crowned Nedbank National Mountain Bike (MTB) champions after impressive individual performances on Sunday.Miller, who a week ago lost the...

NHRA reschedules events

23 hours ago | Sports

The new horse racing calendar was set at the Namibia Horse Racing Association’s (NHRA) extraordinary meeting held in Okahandja on Saturday.Every year, various horse racing...

Cement donation aids affordable housing

3 days ago - 10 July 2020 | Social Issues

The Kalahari Constituency Office donated 500 bags of cement and a 10 000 litre water tank to the Nossobville Housing and Development Committee yesterday. The...

Huis Maerua kort jou hulp

3 days ago - 10 July 2020 | Local News

Windhoek [email protected] 22 kinders in hulle sorg wat wissel van 2 jaar tot 20, het Huis Maerua jou hulp nodig om te verseker hierdie kinders...

The future of work

3 days ago - 10 July 2020 | Opinion

Windhoek • Sergio de SousaAs the world of work changes, we look at what you can do to survive and thrive. Here are my predictions...

Finances handicap 2018 CoW housing...

3 days ago - 10 July 2020 | Local News

Windhoek • [email protected] City of Windhoek (CoW) housing initiative of two years ago is yet to materialise, with themunicipality laying the blame on financial constraints.This...

Load More