Vrou glo in die nuwejaar ontvoer

'n Partytjie wat die koms van die nuwe jaar moes vier, het na bewering vir een inwoner van Rehoboth in 'n nagmerrie ontaard.

20 January 2019 | Crime

'n Vrou wat tot vroegoggend op Nuwejaarsdag nog by 'n dans op Rehoboth was, is blykbaar ontvoer sonder dat haar vriendinne daarvan bewus was.

'n Inwoner van die dorp het onlangs op sosiale media gesê dat vroue ten alle tye oplettend en versigtig moet wees. “Die vrou, wat anoniem wil bly, was 8-uur die volgende oggend die laaste persoon op die dansbaan, terwyl haar vriendinne 'n entjie van haar gesit en gesels het,” lui die inskrywing.

Toe die groep vroue weer sien, was hul vriendin skoonveld en het hulle aangeneem sy is badkamer toe. “Na 'n paar minute het hulle gaan kyk waar sy draai maar sy was nêrens te vind nie. Niemand het haar gesien nie en na ure se soek, was hulle moedeloos,” skryf die inwoner.

Volgens die skrywer, het die vrou ure daarna by haar vriendinne opgedaag en vertel dat sy badkamer toe is, waar sy 'n ander vrou teëgekom het. Al wat sy daarna onthou is hoe sy in die bagasiebak van 'n motor wakker skrik. Haar hande was vasgebind en haar mond toegeplak. “Sy het begin skop tot die bestuurder die motor gestop het en ná hy die bagasiebak oopgemaak het, het sy hom probeer skop en slaan,” skryf die inwoner verder oor die beweerde voorval. Voorts het die man glo vir haar gedreig dat hy haar toon sou afsny waarna sy aangerand is.

Volgens die ontvoerde, was daar nog 'n vrou op die agtersitplek van die motor. “Sy het na dié vrou geroep, maar sy was seker diep bedwelm,” vertel die skrywer. “Daarna kon sy eindelik ontsnap.”

Geen saak

'n Saak is nie by die polisie aanhangig gemaak nie, omdat die vrou glo baie bang is. Talle inwoners het op sosiale media gesê skurke kom met sulke dinge weg omdat hulle nie gerapporteer word nie en dat dit belangrik is om 'n saak te maak. Hoewel baie hul medelye teenoor die onbekende vrou uitgestort het, kon ander nie sin maak van die affêre nie.

“Iets klink nie reg nie. Eers 14 dae later kom die storie uit?” Iemand anders wou weet hoe sy uit die badkamer verwyder is sonder dat iemand gesien het hoe dit gebeur.

Boonop is dit onbekend wat van die ander vrou in die motor geword het. Geen verdere kommentaar van die skrywer of die beweerde ontvoerde vrou is teen druktyd ontvang nie.

Similar News

 

Perde erg mishandel

1 week ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

2 weeks ago - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Pirate taxis cause consternation

3 weeks ago - 03 March 2019 | Crime

Windhoek • Clemens von AltenIt is not uncommon for illegal taxis to be pulled out of traffic at check points in the capital. “Particularly striking...

Pas op vir dié skelmstreke

1 month - 17 February 2019 | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Jail sentence for intoxicated driver

1 month - 10 February 2019 | Crime

Walvis Bay • Otis Finck Elizabeth Cronje (47) was found guilty and sentenced to 15 months imprisonment for driving under the influence of alcohol here...

Be safer this festive season

3 months ago - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Basadi busts crime

3 months ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Gru-ontdekking op Epako

3 months ago - 26 November 2018 | Crime

Yolanda Nel‘n Skokkende fonds is onlangs in die plakkerskamp van Epako gemaak, toe ‘n verbyganger op honde oorskot afgekom het wat geslag was.Nog ‘n inwoner...

Men raise voices against GBV

4 months ago - 19 November 2018 | Crime

Namibian men are increasingly urging other men to take up the cause for gender equality and speaking up against the deadly epidemic of violence against...

Pub crawling nanny causes consternation

5 months ago - 08 October 2018 | Crime

Otis Finck - A frantic search for two toddlers and their missing nanny ended in a happy reunion last week.At least 30 people were deployed...

Latest News

Beach volleyball action at the...

1 hour ago | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

1 hour ago | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

1 hour ago | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

1 hour ago | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

1 hour ago | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

1 day - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

1 day - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More