Vroue span saam vir droogtehulp
16 September 2020 | Events
Marcha sê hulle nooi 30 gasvroue om elkeen tien vriendinne by hul huise te onthaal en sodoende die spesiale oggend van 31 Oktober regoor Namibië saam te deel. “Omdat omstandighede dit nie toelaat dat ons geldinsamelings soos in die verlede kan hou nie en Droogtehulp dringend hulp nodig het, het ons gedink dat hierdie die perfekte geleentheid is,” sê Marcha.
“Al wat die gasvroue op daardie dag nodig het, is ’n rekenaar en internetverbinding,” sê sy. “Omdat ons nie seker is hoe die beperkings teen daardie tyd gaan lyk nie, hou ons by groepe van 10, net om veilig te wees.”
Die gasvrou kan self besluit hoe sy die oggend spesiaal wil maak. “Hulle is meer as welkom om ’n tema aan die oggend te koppel, maar dit is nie verpligtend nie,” sê Marcha. “Dit sal baie spesiaal wees as ons ’n foto of twee van elke ‘kuiergroepie’ kan kry, net om te wys hoe lekker Namibië saamkuier. Iemand het reeds laat weet hulle gaan sommer vir ons ’n kort video ook maak,” sê sy.
Die aanlyngaste vir die dag is Susan Coetzer, Hykie Berg en Helena Hugo.
Kaartjies kos N$400 per persoon en sluit ses maande se digitale subsribsie vir Lig-tydskrif in, asook ’n geskenkpak ter waarde van N$1 000. “En daar is heerlike bederfies in daardie pak!” sê Marcha.
Vir navrae of om deel te neem, skakel 081 288 2886 of stuur ’n e-pos aan [email protected]