Vuil hospitaal hou aan skok

03 September 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel
’n Jong ma van die hoofstad moes verlede week haar baba na die Katutura staatshospitaal neem om haar kleintjie vir geelsug te behandel. Daar gekom was dit vir haar duidelik dat higiëne blykbaar geen aandag geniet nie, veral nie in die pediatriese afdeling nie.
“Ek was baie ontsteld toe ek sien hoe vuil die kamer is waarin my dogter en kleindogter moes bly om gesond te word,” vertel me. Susan Morkel oor hul tyd in die hospitaal. Haar suster het foto’s van die haglike omstandighede op sosiale media geplaas en dit het soos ’n veldbrand versprei.
Die foto’s wys ’n verstopde wasbak, ’n gebruikte naald wat hulle op die vloer opgetel het en ’n bad wat lanklaas skoon was. “My dogter het gesê sy sal eerder ’n emmer as die toilet gebruik,” het Morkel gesê en bygevoeg dat haar dogter elke oggend eers huis toe gegaan het om te stort.
“Ek het by die dokter gesoebat om my kleindogter te ontslaan sodat ons haar by die huis kan versorg. Hoe kan hulle in sulke omstandighede gesond word?” wou sy weet.
Beide ma en dogter is Sondag ontslaan. “Maar my dogter is baie neeslagtig na die week in die hospitaal.”

Vieslike toestand
Morkel het in ’n gesprek met die dokter gevra hoe hulle in sulke omstandighede kan werk, maar haar vrae is onbeantwoord gelaat. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië (HPCNA) is gekontak om die probleem aan te meld en hulle is na die regsdepartement verwys. “Daar het die telefone net aanhou lui en daar was ook nog geen reaksie op ons ons epos nie,” het Morkel gesê.
Ná daar herhaaldelik gevra is, het skoonmakers minstens die gang se vloere gewas, “en het die glase in ons kamer darem geblink,” het sy gesê.
“Mense, ons moet ophou verbaas wees. Ons stem jaar in en jaar uit al vir 30 jaar vir hierdie diens,” was een se kommentaar op die foto’s wat op sosiale media verskyn het. ’n Ander wou weet waarvoor belastinggeld gebruik word. Nog iemand was meer proaktief en het voorgestel dat vrywilligers in spanne moet help skoonmaak. “Ons kan die regering in die verband help,” het hy geskryf.
Die skakelbeampte van die HPCNA was by navrae nie beskikbaar nie en vrae via epos is ook nog nie beantwoord nie. – [email protected]

Similar News

 

Halving malaria now more achievable

1 hour ago | Health

In a new study focusing on Central African countries, it is believed that halving malaria deaths is more achievable than eliminating the disease by 2030....

Cancer screening on campus

3 weeks ago - 26 September 2019 | Health

Rena StephanusA group of second year Social Work students at the University of Namibia (UNAM), together with the Cancer Association of Namibia (CAN), offered breast...

Health care at all hours

1 month - 17 September 2019 | Health

The Katutura Health Centre now operates 24 hours a day, providing care throughout the year. The hope is that extending the facility's operating hours will...

Think pink!

1 month - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Commemorate together

1 month - 11 September 2019 | Health

World Lymphoma Awareness Day is commemorated on 15 September every year and is dedicated to raising awareness of lymphoma, an increasingly common form of cancer....

Get moving couch potato!

1 month - 06 September 2019 | Health

8 September marks World Physiotherapy Day and with the warmer weather, there’s no excuse to not spend the day outdoors. According to Physiotherapy Namibia, looking...

Health ministry shuns new incinerator

1 month - 04 September 2019 | Health

Windhoek • Claudia ReiterAlmost daily, dark plumes of smoke rise from the old incinerator located next to the Katutura State Hospital, in spite of the...

CAN helps with HPV testing

1 month - 03 September 2019 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) has just launched the first national HPV screening programme, which aims to contribute to preventing cervical cancer in Namibia.The...

Eat healthy, live healthy, know your body

2 months ago - 11 August 2019 | Health

The Cancer Association of Namibia (CAN) hosts the Cancer Awareness Week during the first week of August every year, and 2019 was no different. In...

Windhoek: A city for cyclists?

3 months ago - 14 July 2019 | Health

Windhoek • Lisa Plank There are no special routes for cyclists in Windhoek; cars drive carelessly, the area is mountainous and it is usually very...

Latest News

Halving malaria now more achievable

1 hour ago | Health

In a new study focusing on Central African countries, it is believed that halving malaria deaths is more achievable than eliminating the disease by 2030....

Quality remains king at Ohorongo

2 hours ago | Business

Ohorongo Cement recently received recertification on its Quality & Environmental Management Systems, endorsing the fulfilling of standards, ISO 9001: 2015 and ISO 14001: 2015.The certificate...

RTC gives feedback on litter...

2 hours ago | Local News

Yolanda Nel After a social media attack last week with photos of garbage thrown everywhere in town as well as a cow carcass not being...

Top table tennis at Windhoek...

2 hours ago | Sports

The Namibian Table Tennis Association (NTTA) held its annual Windhoek Table Tennis Open Championships last Saturday, where top local players as well as players from...

Stikwerk vir ’n groener omgewing

4 hours ago | Environment

In ’n poging om plastiekverbruik te verminder en hul inkomste te verhoog, is drie vroue besig om hul naaimasjiene daarvoor in te span.Julia Gomachas en...

Agter Die Stoep

13 hours ago | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die Stoep is eersdaags in die Nasionale Teater op die planke. Hier gesels skrywer Jonathan Solomons oor hoekom hierdie soort stories belangrik is. “Die...

No joking with The Joker

21 hours ago | Art and Entertainment

If you want to know what you get when you take a poor, mentally unstable loner and treat him liketrash, just go watch Joker.According to...

Stap vir Bybels die naweek

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Stof solank jou tekkies af wat stof vergaar in die hoek van die kas, want Saterdag 26 Oktober gaan dit handig te pas...

Okahandja hou somerfees

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Dit is nog net ’n paar dae voor die Gereformeerde Kerk op Okahandja se somerfees plaasvind en gaste het sommer baie om na...

Load More