Wappers ploeg terug

Gewoonlik kan leerlinge nie gou genoeg 'n projek afhandel nie, maar hierdie groeps-taak het die leerlinge diep geraak.

03 March 2019 | Education

Windhoek • Yolanda Nel



By die Windhoek Afrikaanse Privaatskool gaan dit nie net oor akademie, sport en kultuur nie. Nee, hier word die graad 10s ook geleer presies wat jy met lewensoriëntering kan maak.

Vanjaar se graad 10s het 'n gemeenskapsprojek as huiswerk gekry wat behels dat hulle 'n behoefte van 'n groep mense of 'n persoon identifiseer waar hulle 'n verskil kan maak. Die kinders moet dan navorsing oor die projek doen, sowel as die beplanning doen en hulle plan uitvoer.

'n Groep seuns - WP Janse van Rensburg, Roeben Burger, Wilmar Fourie, Johan Brockman en Thehard Lintvelt - het skouer aan die wiel gesit en besluit om by the Windhoek Life Change Centre (WLCC) te help.

Volgens Marreli Fourie, een van die ouers, het die span groente geskil vir die sopkombuis se voorbereidings en houtpalette uitmekaar gehaal en geleer hoe die sentrum dié hout gebruik om hondehokke te maak. Die stoorkamers is reg gepak en groot sakke meel moes geskuif word om skoon te maak en orde te skep.

“Die hoof het hulle ook gewys hoe hulle hul begroting moet opstel en daarmee groente en ander voorraad aankoop,” het sy gesê.



Baie hande...

Die seuns het hulle energie ook op die kinders van die sentrum gespits, en met hulle gespeel en bal geskop. “Een van die seuns het een Sondag by die sopkombuis uitgehelp waar daar weer met kosvoorbereiding, opskep en opwas gehelp is, en is die kinders ook toe geleer hoe om skottelgoed skoon te maak en af te droog,” vertel sy.

As 'n geldinsamelingsinisiatief het die groep seuns Windhoekers genader om vleis te skenk wat hulle om die beurt weer verkoop het. Oom Theo Lintvelt se sebra het N$2 000 opgelewer en die 40 kg sopbeenvleis is deur Ben Burger geskenk. “Maar dit was op voorwaarde dat die seuns moes gaan help vleiswerk en die verpakking self doen. Dit gaan nou aan die sentrum vir hul sopkombuis geskenk word,” het Marreli gesê.

Met die geld wil hulle 'n kruiwa vir die sentrum koop. As daar geld oorbly, gaan hulle blikkieskos koop wat lank kan hou.

Gedurende hierdie tyd het die seuns geleer wat beteken dit om opofferings te maak. “Meeste van die seuns beoefen twee sportsoorte en die meeste groot werk by die sentrum het oor naweke plaasgevind. Die seuns moes dus hul eie vryetyd opoffer,” het Marreli gesê.

Hoewel die werk 'n skooltaak is, het die seuns baie geleer. “Hulle is bevoorregte kinders wat by 'n privaatskool skool gaan en min in aanraking kom met minderbevoorregtes. Dus sien hulle soms nie die nood rondom hulle raak nie,” sê sy.

Vir haar as ouer is dit 'n fantastiese manier om bewusmaking te skep en ook om te waardeer wat jy as vanselfsprekend aanvaar. “Dit is 'n ongelooflik goeie inisiatief van die skool om kinders te leer van praktiese lewens-oriëntering.

Tog is daar nog soveel wat die kinders wil doen. As daar geld van die insameling oorbly, wil hulle nog die muur voor die sentrum verf, al is die projek reeds verby.”

Similar News

 

A century plus ten

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Leave a little light on

1 week ago - 17 March 2019 | Education

A thousand solar lighting kits were handed to the University of Namibia by the Ministry of Mines and Energy, to be distributed amongst secondary school...

Standing ovations at Orchestra Week

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Melodies of the violin, flute, percussion and brass instruments dominated the soundscape at the Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) last week, with the Orchestra Week...

Tutor centre opens in Omaheke

1 week ago - 17 March 2019 | Education

Gobabis • Yolanda Nel A tutor centre opened in Gobabis recently, providing extra lessons to assist students of the area with homework.The Omaheke College offers...

Maltas head south

1 week ago - 17 March 2019 | Education

The 2019 Management, Leadership & Talent Search (Maltas) boot camp recently concluded at the 19th century Duwisib castle.The aim of this 3- day boot camp...

Nuwe kleuterskool vir Reho kom

2 weeks ago - 10 March 2019 | Education

Rehoboth • Yolanda NelDie bestuur van die Rehoboth Privaatskool het onlangs besluit ’n kleuterskool sal ’n aanwins vir die skool wees.“Die skool bied reeds onderrig...

Bursary for Zuriel

2 weeks ago - 10 March 2019 | Education

Grade 12 learner Zuriel Nanus (pictured left) is the recipient of a bursary from the Michelle McLean Children Trust that will enable her to further...

Sharing is caring

3 weeks ago - 03 March 2019 | Education

A cancer diagnosis is upsetting at any age, but especially so when the patient is a child. Adjusting to a child's diagnosis and finding ways...

Double date at DHPS

3 weeks ago - 03 March 2019 | Education

Preparations are in full swing for the DHPS’s annual open day and cultural festival scheduled to take place on the school premises next Saturday (9...

Textbook donation overwhelms

4 weeks ago - 24 February 2019 | Education

Windhoek • Mariselle StofbergThe Gondwana Collection's Care Trust availed N$50 000 towards textbooks for grade 11 learners of Mount View High School. This was made...

Latest News

Beach volleyball action at the...

1 hour ago | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

1 hour ago | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

1 hour ago | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

1 hour ago | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

1 hour ago | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

1 day - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

1 day - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More