Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz
Drie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste plaaslik bekendgestel.
Was die wag die moeite werd?
Verseker! Ons het die bekendstelling in die wieg van die mooiste Bolandse berge bygewoon en kon die warm buks behoorlik deur uitdagende bergpasse looi en ook op ’n redelike tegniese renbaan laat rubber brand!
Die i30N is Hyundai se eerste verrigtingsproduksiemotor en die vinnigste en mees dinamiese Hyundai wat ons nóg bestuur het. Gebore uit die “N”-divisie onder leierskap van die voormalige BMW M-ghoeroe Albert Biermann en gebou in die Koreaanse vervaardiger se aanleg in die Tseggiese Republiek, is die i30N gebasseer op die gewone i30 luikrug wat voorheen ook hier beskikbaar was.
Ontwikkel op die hoekstene van “Pret om te bestuur”, “’n sportmotor vir elke dag” en “renbaanverrigting met uitstekende vermoë” om draaie te têkkel, is die i30N dan ook toegerus met gevorderde tegnologie en hoë vlakke van bestuurderhulpmiddels.
Interessant is dat die “N” staan vir Nanyang waar Hyundai Motors se globale navorsing- en ontwikkelingsdepartement (R&D) gesetel is, maar die ”N” verwys ook na die beroemde en ikoniese Nürburgring in Duitsland waar Hyundai se Europese toetssentrum vir sy Europees-geboude voertuie is. Die i30N het juis 10 000km se toetse vir betroubaarheid en verfyning van die onderstel en hanteringsvermoë op die baan se berugte Nordschleife ondergaan. Hou in gedagte dat Hyundai die huidige WRC-kampioene is met ‘n “N”-ontwikkelde tydrenmotor.
Die teikengroep vir die i30N by ons sluit onder meer in die Golf GTI (Clubsport of komende TCR modelle ), Renault Megane RS Cup en Honda Type R. Hardebaard verrigtingskalante wat kom met ’n legio stories wat op renbane en deur bergpasse geskryf is.

Aggressiewe stilering
Die Koreaan kom nie met die aggressiewe stilering van die Honda of die Renault nie en is meer in ’n onderbeklemtoonde sportiewe jas soos die Golf geklee. Tog is die voorkoms onmiskenbaar sportief en doelmatig – veral die voorkant.
Verder beklemtoon die twee uitaatpype agter, rooi remknypers met “N”-insignia agter pragtige 19” sierwiele wat met Pirelli P-Zero 235/35R19 rubber geskoei is, die boodskap van verrigting hard en duidelik.
Die amptelike bekendstellingskleur, genaamd “Performance Blue” is definitief ’n aandagtrekker.

Binne
Binnekant in die kajuit is die taal sportief. Diep sportsitplekke met “N”-logos in ’n mengsel van leer en Veloer oorgetrek val dadelik op, terwyl die afwerking en gehalte van die interieur tipies Europees is en goed vergelyk met die Duitse eweknieë. Toerustingvlakke is hoog en die i30N se standaard toerusting is klasleidend.
Die pragtige funksiebelaaide dik leeroorgetrekte sportstuurwiel met blou ritmodus skakelaars dra by tot die sportiewe gevoel in die kajuit wat ergonomies goed uitgelê en tog modern sportief vertoon.
Standaard toerusting sluit in ’n panoramiese glas sondak, 8” raakskerm vir omtrent alle funksies wat ritinligting, vermaak, klank asook kommunikasie beheer insluit, verhitte voorste sitplekke en stuurwiel, ’n koordlose laaioppervlak vir slimfone wat via Apple CarPlay of Android Auto kan skakel. Bluetooth koppeling met laaipunte is ook standaard.
Vir die jaagduiwels bied die infostelsel ’n rondtetyd meter asook ’n skerm wat die G-kragte meet wanneer jy die i30N platvoet deur swiepe en draaie looi.

Spoed
Uiteraard sal die belangrikste vraag by verrigtingsmotors altyd wees, hoe vinnig kan hy ry en hoe kragtig is hy werklik.
Die i30N se 2.0 liter T-GDi turbo petrol enjin lewer ’n maksimum van 202kW en 353 Nm se piekkragte en stuur die krag na die pad deur die voorwiele via ’n juweel van ’n 6-spoed handratkas. Vir optimale greep en verrigting word die veerstelsel elektronies beheer terwyl ’n elektronies beheerde beperkte-gly ewenaar ook ingespan word.
Die i30N neem slegs 6,1 sekondes om die 0-100kpu lopie af te blits, met die topspoed amptelik as 250kpu. Volgens Hyundai se amptelike syfers gebruik die i30N gemiddeld 8,5 liters/100km in ’nn gemengde siklus van stad- en ooppadry.

Verrigting en paddinamika
Tydens die plaaslike bekendstelling in die mooie Franschhoek omgewing het ons die warm Koreaan om ’n baie tegniese renbaan en deur die pragtige maar uitdagende bergpasse van die Franschhoek en Du Toitskloof berge gaan beproef.
Ons het begin met ’n tegniese slalom en rem-oefening waar dit duidelik was dat die i30N behoorlik, en in ons opinie oor uitsonderlike goeie remme en onderstelbalans beskik, wat minimale bakrol en ’n skalpelskerp stuurstelsel tentoongestel het.
Daarna het ons die verrigtingsvermoë van die i30N om die baan beproef.
Die ratkas beskik oor vyf ritmodusse, naamlik Normaal, Eko, Sport, “N” en “Custom”. Vir heerlike alledaagse ry met ouma agter die stuur, is “Normaal” of “Eco” dalk die mees gepaste opsie. Wil jy egter die baan of bergpasse gaan beproef, dan haak jy “N” of “Custom”. Laasgenoemde wat jyself kan pasmaak om jou bestuurstyl die beste te pas.
In my jaagsessies om die baan was dit duidelik dat Albert Biermann en sy span ongelooflike werk gedoen het om aan die i30N bogemiddelde hantering, greep en baanverrigtingsvermoë te gee. Met bykans geen bakrol, uitstekende greep, skerp remme en absoluut geen wringstuur, kon ek die motor teen hoër as verwagte spoed deur die draaie en kort bogge looi.
Druk jy die “N”-knop op die regterkant van die stuurwiel, laat jy die jaagduiwel in die Koreaan los wat dan die uitlaatstelsel, enjin, veerstelsel, ratkas en elektronika vir maksimum verrigting aktiveer.
Die resultaat is dat die uitlaatstelsel skielik begin knor, blaf en brul wanneer ratte verwissel word. Die stelsel maak ook dat die toere van die enjin outomaties by ratskakelings aangepas word om seepgladde oorskakelings en optimale verrigting te verseker.
Volgens Hyundai kan die maksimum wringkrag met 8% verhoog word tot 378Nm vir tot 18 sekondes wanneer benodig, terwyl die “N”-modus geaktiveer is ten einde maksimum verrigting te lewer.

Slotsom
Albert Biermann en sy span witjasse het omtrent ’n wonderwerk verrig om met die i30N as ‘n eerste probeerslag ‘n indrukwekkende blitsbuks daar te stel. Veral die onderstel en veerstelsel sal puriste wat padinamika en hantering hoog ag, baie beindruk.
Met die Type R en Megane RS Cup meer rengerig word ritgehalte asook rygerief ingeboet. Terwyl die i30N dalk nie heeltemal so skerp soos die voorgenoemde twee vlamgatte op die renbaan sal wees nie, bied die Hyundai ’n veel gemakliker en normale ry-ervaring vir die gesin, en sal nog steeds naweke op die renbaan met die hardebaarde kan kers vashou.
Teen net om en by N$680 000 mag die pryskaartjie van die i30N dalk hoog lyk, maar die kompetisie gaan mank teen standaard toerusting wat die Koreaan binne konteks wel goeie waarde maak.

Similar News

 

Isuzu brei D-Max 250 reeks met outokaste uit

3 weeks ago - 13 March 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Toe General Motors – wat Isuzu bakkies plaaslik versprei het – in 2017 uit SA onttrek, was Isuzu-eienaars bekommerd dat die...

Making its mark in Namibia

1 month - 02 March 2020 | Motors

Nors is a Portuguese group whose vision is to be a world leader in transport solutions, and construction and agricultural equipment. In Africa, the Nors...

Renault verras met bekostigbare Triber

1 month - 28 February 2020 | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Cars need speed control devices – NUDO

1 month - 28 February 2020 | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

2 months ago - 31 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzTerwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in...

Mahindra se Pik (me) Up S11

2 months ago - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

3 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

New look for TrenTyre

4 months ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

4 months ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

5 months ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Latest News

SA to make own ventilators

1 hour ago | Health

Denel’s ventilator production project, which is to produce ventilators to help the South Africa’s health services cope with the expected flood of Covid-19 patients, is...

Education: Distance learning on the...

1 hour ago | Education

Learners will not attend school physically when schools reopen for the second term on 20 April, but will receive educational materials at home as part...

Hoe beveg mierkolonies epidemies?

1 hour ago | Education

Stellenbosch • David PhairSoos Covid-19-pandemie se impak wêreldwyd bekend word, word ons gedwing tot die besef dat ons moderne manier van lewe bydra tot die...

Koek in koppie – in...

4 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected] dat dit nie meer so maklik is om vinnig in jou kar te klim en na die naaste take-away te ry wanneer...

DHPS sundial up and 'running'

4 hours ago | Education

Last year, an idea by the grade 12 physics class of the Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS) quickly developed into a project: After several calculations...

Ballet hou rugbyspelers fiks

5 hours ago | Sports

Die algehele inperking weens Covid-19 mag dalk rugbyspelers binne hou, maar dit beteken nie hulle kan nie aan hul fiksheid werk nie.Volgens ’n onlangse navorsingstudie...

The best spots to hide...

6 hours ago | Art and Entertainment

Nothing beats the fun of an Easter egg hunt. But, after years of tucking mallow eggs behind couch cushions and stuffing them into sock drawers,...

A helping hand for seniors

6 hours ago | Social Issues

Youth activist Edson Uapingene donated some day-to-day necessities to 20 elderly residents at the Katutura Old Age Home over the weekend.The necessities worth around N$4...

Improved healthcare through telemedicine and...

7 hours ago | Opinion

Windhoek • Kehad SnydewelAs the lockdown starts to take its toll, we are comforted by the fact that we are doing this for our collective...

Load More