Warm Swift Sport spog nou met turbo

25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz

Noem net Suzuki Swift Sport en die meeste motorentoesiaste sal met respek reageer.

Die klein, warm buksie het oor die jare beïndruk met eerlike verrigting, rateltaai enjins en bougehalte met integriteit. ’n Ligte bak, toergierige enjins en relatiewe bekostigbaarheid in ’n sportiewe en aantreklike jas, was die suksesresep vir begeerlikheid en gewildheid.

Nou in derde generasie-formaat, kom die klein vlamgat turbo-aangejaag. Ek was een van die menigte Suzuki-entoesiaste wat aanvanklik maar skepties was, want sien, normaal-geaspireerde verrigting enjins moes teen hoë (skreeuende!) toere loop om maksimum wringkrag en verrigting te kan lewer. Dit kom met ’n bypassende klankbaan, iets waarvoor ’n egte petrolkop hoendervel kry van lekkerte. Daarteenoor is turbo-enjins ontwerp om met geforseerde lug in die silinderkamers omtrent maksimum trekkrag te lewer wat die 0 – 100 kpu-lopies soveel vinniger maak. Turbo’s raak dus uitasem by hoër toere en gevolglik is die klankkakofonie ook daarmee heen.

Die ou Swift Sport was toegerus met ’n 1.6 l-petrolenjin sonder ’n turbo wat oopketel teen maksimum (skreeuende) 6 900 rpm, 100 kW en 160 Nm piekkrag en wringkrag kon lewer. Die 2019-model het egter nou ’n 1.4 liter turbo-aangejaagde petrolkragbron wat maksimum 103 kW krag teen 5500 rpm en 230 Nm se piek wringkrag lewer wat reeds by 2 500 toere beskikbaar is. Terwyl die 3 kW krag dalk nie so indrukwekkend op die oog af is nie, het Suzuki se witjasse dit reggekry om 90 kg gewig te bespaar sodat die 2019 Swift Sport nou net 970 kg weeg. Voeg daarby 70 Nm se ekstra wringkrag en die klein Swift Sport kom met skop-in-die-rug woema.

Ekstra krag

Tydens die bekendstelling kon ons die nuweling se ekstra krag behoorlik beproef op die Red Star Raceway in Mpumalanga. Die ekstra krag in die ligter lyfie het egter greep bemoeilik deur die knap tegniese draaie van die renbaan wat eintlik vir motorfietse ontwerp is.

Terwyl derde rat die beter opsie was om spoed uit die knap draaie te behou, moes ons vierde haak om teen laer toere stuurtraagheid en skreeuende bande te minimaliseer. Tog het die nuweling beïndruk met hantering en balans.

Ek is van mening die 2019 Swift Sport meer sal beïndruk in normale rytoestande en dat verrigting op die ooppad en wyer draaie matelose bestuurgenot sal verskaf.

Binnekant is die kajuit modern en sportief afgewerk met materiale en vakmanskap van goeie gehalte. Die sportstuurwiel, sportsitplekke en standaardtoerusting gaan baie kopers se harte wen. Ek is absoluut verlief op die nuwe Swift Sport se kajuit en terwyl die nuwe “Champion Yellow” die bekenstellingskleur is wat die Sport laat aandag trek, is dit die pragtige rooi wat my hart gewen het.

Similar News

 

New look for TrenTyre

1 week ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

1 week ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

2 weeks ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

3 weeks ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

1 month - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

1 month - 14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzToyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989...

Celebrating wheels

1 month - 03 October 2019 | Motors

Barry de KlerkIt’s back and promises to be better than ever!For this year’s Pupkewitz Motorfest open day, dealerships across the country are getting ready for...

Dié Sweed laat die koppe draai

2 months ago - 16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.Ons...

’n Sagte ryding soos min

2 months ago - 04 September 2019 | Motors

Windhoek • Yolanda NelNog voor ek die Haval H1 vir ’n toetsrit neem, is my eerste vraag of dié motortjie Etosha se grondpaaie kan aandurf....

Middeljare se mooimaakkuur

2 months ago - 25 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2020-opgradering van die XC90 is 'n sprekende voorbeeld van hoe ­minimalisme ook hier toegepas word, met die konkawe sierrooster en nuwe...

Latest News

DSN honours athletes, guides and...

1 hour ago | Sports

Disability Sport Namibia (DSN) hosts its ninth annual awards ceremony in the capital on Saturday.The event will see the athletes affiliated to the Namibia Paralympic...

Community soccer this weekend

1 hour ago | Sports

The first edition of the All Stars Top Eight football competition starts at the Khomasdal Stadium in Windhoek on Friday.The tournament, held under the auspices...

Wanneer God praat

6 hours ago | Life Style

Yolanda Nel “Ek was besig om ’n lyn te verf en elke keer as iemand my onderbreek en ek opkyk, het ek my plek verloor....

With a haircut and a...

7 hours ago | Art and Entertainment

It was after a haircut seven years ago, that one entrepreneur gathered a group of women to learn all about natural hair and to exchange...

Say no to GBV

8 hours ago | Crime

The ministry of gender equality and child welfare launches this year’s 16 Days of Activism Against Gender-Based Violence (GBV) on Friday.The main event takes place...

Chill with Windhoek Express

8 hours ago | Art and Entertainment

Currently running• The exhibition Ephemera can be viewed at Goethe Institute until 22 November.• Celebrate the diversity of life, an art exhibition by Gerdis Stadtherr...

Namibia’s HESS instrumental in detecting...

8 hours ago | Science

After a decade-long search, for the first time scientists have detected a gamma-ray burst (GRB) in very-high-energy gamma light.This discovery was made in July last...

Waar Kalahari en Jazz ontmoet

1 day - 20 November 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Weggesteek in ’n eenrigtingstraat in die middestad, is ’n koffiewinkel met goeie koffie en heerlikehappies.Dit neem twee oproepe vir ons om by die...

Second freeway phase launched

1 day - 20 November 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel Phase 2A of the Windhoek – Hosea Kutaku dual carriageway was officially launched on Monday.Roads and transport minister John Mutorwa said at the...

Load More