Wat die hart van vol is...

03 March 2019 | Art and Entertainment

Windhoek • Yolanda Nel



Stel jouself voor dat jy die gang van jou hele lewe verander het om nou hier saam met my te stap, in plaas van met iemand anders, op 'n ander plek, in 'n ander rigting.

Veronderstel dat een gedagte jou hele toekoms óf kan opfoeter óf in plek laat val en net jy het die mag om daardie besluit te maak. Jy kies jou pad, jou toekoms, jou lewensmaat, jou loopbaan, jou vriende. Niks hang van ander mense af nie.

Lisa, wat kies jy dan? Kies jy die liefde? Of kies jy gemak?

Liewe Lisa is nie 'n liefdesverhaal met prinse op wit perde nie. Dit vertel die verhaal van die lewe. Van hoe jy soms iemand ontmoet wat jou hele lewe verander en nie net in 'n romantiese sin nie. Elke persoon het 'n impak op jou lewe, soms goed en soms minder goed. Ander kere is jy die een wat seer maak, sonder dat dit jou bedoeling was. Dit dui op 'n realistiese liefdesverhaal, nie een wat voorgee nie en nie een met te veel vuurwerke nie. Dit vertel die verhaal van Daniel (Hendrik Cronje) wat na hy sy graad behaal, nie seker is watter lewenspad vir hom beskore is nie. Die een wat sy pa vir hom gereed het, 'n goeie werk, met 'n goeie salaris, of sy eie droom, een wat hy nog nooit met enige iemand gedeel het nie? En dan ontmoet hy vir Lisa (Elani Dekker) wat vir hom alles in plek laat val. Maar soos dit maar in die lewe gaan, verloor hy die liefde van sy lewe omdat hy te bang is om die waarheid te vertel. Dit laat twee mense beide seer en gebroke en moet hulle alleen die stukke wat oorbly, aanmekaar probeer sit.

Tog vind beide maniere om voort te gaan met hul lewe, sonder die ander. En een groot vraag bly: Wat is die lewe dan tog sonder die liefde? Cronje het nie net die hoofrol vertolk nie, maar was ook verantwoordelik vir die skryf van die draaiboek en het sy lyf regisseur gehou. Ander akteurs sluit in Stian Bam, Crystal-Donna Roberts, Albert Maritz en Zane Meas.

WE gee hierdie film 4 uit 5.

Onthou om vir ons Ster Kinekor-kompetisie in te skryf. Twee lesers staan die kans om twee fliekkaartjies elk te wen. Stuur 'n SMS na 51500 (teen N$3 elk) om 'n wenkans te staan.

Similar News

 

Sugar and spice and all things nice

1 week ago - 17 March 2019 | Art and Entertainment

A warm, welcoming smile greets many who visit Ice and Spice Café, situated at Ankerplatz in 11 Sam Nujoma Avenue in Swakopmund.Offering the best ice...

Photons of fun, but Captain Meh-vel

1 week ago - 17 March 2019 | Art and Entertainment

Monique de ScandeWith the success of DC’s Wonder Woman, hopes (as well as hype) reached sky-high for Captain Marvel, marking Marvel Comic’s first cinematic movie...

An ode to adorable women

1 week ago - 17 March 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Adolf KaureThe Swakopmund-based music group Coastal Army recently released their latest single, “Ada”.In the meantime, the group is working on a full-length album...

Events calendar

1 week ago - 17 March 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Reflection in form, a collection of artworks created by Elna Venter and her daughter Comine Bruwer, takes place at the Omba Gallery in...

The amazing African Vocals

2 weeks ago - 10 March 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Adolf Kaure Africa Vocals is an all-male a cappella group that hails from Swakopmund and consists of 11 members: Joel Nambuli, Aibeb Eduardo,...

Events calendar

2 weeks ago - 10 March 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Reflection in form, a collection of artworks created by Elna Venter and her daughter Comine Bruwer, takes place at the Omba Gallery in...

Odd-inary movie weekend at the Goethe

2 weeks ago - 10 March 2019 | Art and Entertainment

As part of the German weeks, a number of movies are being screened at the Goethe Institute in Windhoek next week. Don't miss out!• Thursday...

A place where old and new friends meet

2 weeks ago - 10 March 2019 | Art and Entertainment

A warm welcome, a smile, a “welcome back” or a hug awaits many that visit Probst Restaurant.“For some it’s a tradition to come to the...

Mother and daughter exhibit together

3 weeks ago - 03 March 2019 | Art and Entertainment

Reflection in form, a collection of art and sculpture created by mother and daughter, Elna Venter and Comine Bruwer, opens in the Omba Gallery in...

Events calendar

3 weeks ago - 03 March 2019 | Art and Entertainment

Currently running• New beginnings, a collection of artworks by the graduates of the College of the Arts, takes place at the National Art Gallery until...

Latest News

Beach volleyball action at the...

1 hour ago | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

1 hour ago | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

1 hour ago | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

1 hour ago | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

1 hour ago | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

1 day - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

1 day - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More