Watertoevoer bly 'n uitdaging

21 January 2019 | Infrastructure

Op Groot Aub sê inwoners hulle gaan soms dae lank sonder water.

Tydens 'n onlangse onderhoud met Nampa, het inwoners van die ne-dersetting wat sowat 45km suidoos van Windhoek geleë is, gesê die nimmereindigende probleme met watertoevoer het hulle gedwing om by die situasie aan te pas eerder as om op 'n oplossing te hoop.

Een inwoner, Thurstan Beukes, het gesê sy buurman – wat water van die reservoir bekom – water aan vier huishoudings, insluitend Beukes s'n, verskaf. Dit veroorsaak groot ongerief.

Nog 'n inwoner, Jacobus Smith, het gesê inwoners dra swaar aan die watersituasie aangesien hulle nie Sondae en Woensdae water kry nie, en dus gaan hulle maar daarsonder as hulle nie genoeg geberg het nie.

“Daar is vandag nie water nie, so ons moet klaarkom met die min water wat ons het,” het hy gesê.

'n Raadslid van die Windhoek se landelike kiesafdeling, Penina Ita, het gesê hoewel die waterkwessie nog nie heeltemal opgelos is nie, het dit verbeter sedert die Windhoekse munisipaliteit die administrasie van die nedersetting in September 2017 oorgeneem het.

Sy het gesê die munisipaliteit het plaaslike inwoners aangestel om 'n boorgatkraan oop en toe te draai in plaas daarvan dat dit aanhoudend loop en dus waterbronne uitput. “Ons is heeltemal afhanklik van die boorgatstelsel wat deur reën aangevul word, so die boorgat se water sak aanhoudend. Dit beteken daar is nie genoeg water om aan almal se be-hoeftes te voorsien nie,” het sy gesê.

“Die rekening om water tot verlede Maart te pomp, was N$80 000 en geen inwoner kon daarvoor betaal nie,” het Ita bygevoeg.

Sy het gesê die munisipaliteit ontwikkel maatreëls, wat in Augustus in werking sal tree, sodat die gemeenskap vir water en krag sal begin betaal ten einde die nodige toerustung soos pype en boorgate aan te skaf.

Oor hierdie voorgestelde maatreëls, sê inwoners dat werkloosheid in die nedersetting dit vir hulle bykans onmoontlik maak om vir water- en kragdienste te betaal.

Ita het beklemtoon dat mense meer innoverend moet wees eerder as om aanhoudend op werk te wag. “So graag soos ons sou wou hê die regering moet werk aan ons voorsien, is daar min poste beskikbaar. Daar is wel werkskeppingsgeleenthede op Groot Aub, onder andere tuinwerk en die herstel van drade.”

– Nampa

Similar News

 

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Hundreds of houses unoccupied

1 week ago - 16 June 2019 | Infrastructure

A total of 1 201 houses constructed under the government’s Mass Housing Project countrywide are unoccupied either because they are incomplete, dilapidated, unaffordable or faulty....

New Safari development on the cards

2 weeks ago - 09 June 2019 | Infrastructure

A notice inviting interested and affected parties to attend a public meeting on the proposed development of a mixed use complex located on the property...

Windhoekers owe millions

2 weeks ago - 09 June 2019 | Infrastructure

Elvira HattinghResidents whose accounts are 120 days and more in arrears, owe the municipality (CoW) around N$450 million.According to the city's PRO, Lydia Amutenya, individuals...

Toilet in hotel se plek

1 month - 19 May 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yolanda NelTwee maande ná die Okahandja Hotel-gebou stil-stil in die dorp gesloop is, het inwoners nou 'n nuwe hoofpyn, met die rommel wat...

Amendments bring more erven

1 month - 05 May 2019 | Infrastructure

Yolanda NelPlans to amend the general plan for Cimbebasia Extension 4 will see close to 200 erven that will be made available to the public.The...

Stadsraad grootste water morsjorse

1 month - 05 May 2019 | Infrastructure

Yolanda NelTwee maande ná ’n lekkasie by die munisipaliteit aangemeld is, het die navraag uiteindelik aandag geniet en is dit herstel.’n Inwoner van Windhoek sê...

Housing upgrades in pilot phase

1 month - 28 April 2019 | Infrastructure

The informal settlement upgrade pilot project (ISUPP) will be rolled out in the Katutura and Otjomuise residential areas in due course. In the meantime, this...

Only unoccupied structures to go

2 months ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Okahandja se wit olifant groet stil-stil

2 months ago - 07 April 2019 | Infrastructure

Etlike jare ná inwoners van Okahandja ’n beroep op die ministerie van werke en vervoer gedoen het om ontslae te raak van die vervalle hotel...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More