Weer 'n student

27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die lewe gefokus, soos kosmaak en vrou-speel.

Nog 'n talent is om sepie na sepie te binge-watch en nou is ek bevrees Hammelie was reg. My oë gaan vierkantig word.

Toe breek die nuwe jaar aan en ek benodig 'n uitdaging: kom ons leer 'n nuwe taal. En nie waste een nie. Die een wat my skoonfamilie so vinnig praat my brein wil breek.

Maar ná my eerste Portuguese-les verstaan ek reeds hoekom hulle so vinnig praat. “Ons wil baie praat en dan sluk ons van ons woorde,” vertel die dosent, wie se naam ek dink Estella is. En dis presies hoe sy my leer.

Daar word drie woorde op die bord geskryf. Wanneer Estella begin praat, klink dit soos een. En toe trek ons weg met só 'n spoed dat ek verlang na my slapelose nagte vol handboeke en korreksies.

Alles is manlik of vroulik en ek vermoed dis makliker om eerder nie te vra hoe dit bepaal word nie. Die boek in Portugees is o livro (manlik), terwyl die tafel a mesa (vroulik) is. Indien daar meer as een is, word dit os livros en as mesas. Woorde wat in r, z of n eindig kry es agter as dit meervoudig is.

Na 'n twee ure les voel ek dronk. Hoe het enigiemand ooit leer praat, wonder ek en besef opnuut hoe belangrik taal is. Daardie aand word die leviete vir die knaap voorgelees. Hy en sy familie mag net Portugees met die pienkvoet praat. Hammelie en die res sal sorg vir Afrikaans.

Maar wat dan nou van die Engels, wil iemand weet, “want dit is die taal van die wêreld”.

Ek meen dit tel jy by die skool op en as dit dan nou moet, op televisie.

Ek sien uit na my volgende klas. Ek is kinderlik opgewonde oor die eerste gesprek met my skoonma in haar moedertaal, baie omdat ek die uitdrukking op haar gesig wil sien, maar grotendeels omdat ek, so Afrikaans soos ek mag wees, deel van hierdie nuwe kultuur wil word.

Dit blyk ek het tot die knaap aangesteek met hierdie student-wees en tot hy trek in die aande rekeningkunde boeke nader. “Is studeer regtig vir jou lekker?” wil hy weet.

Ek dink aan my aande sonder slaap, eindelose bekers koffies, die histerie, die trane, die doodkrap, uitvee en oor begin.

My slotsom? Dis lekker om vanaand iets te weet wat ek nie geweet het toe ek vanoggend opgestaan het nie. Boa noite.

Similar News

 

Life's simplest secret

5 days ago - 14 July 2019 | Columns

Irene-Mari van der Walt Advice on how to live a fulfilled life abound and are often pondered by both the self-righteous and the truly...

Learning the lingo

1 week ago - 07 July 2019 | Columns

Gerine HoffWorking in the written word industry, I was thrilled to see that Merriam-Webster has added more than 600 new words to their dictionary this...

Fight for financial freedom

2 weeks ago - 30 June 2019 | Columns

Adolf KaureThe Namibian economy is currently in a recession and it is a reflection of what is going on all over the world.Many graduates are...

Take care of yourself

3 weeks ago - 23 June 2019 | Columns

Leandrea LouwIt’s the middle of the year, and by now a lot of us feel overwhelmed, overworked, depressed and stressed.I found myself in that exact...

Coping with a mental disorder

1 month - 16 June 2019 | Columns

Julienne van Rooyen I always try to write from the heart, even though my writing has gotten me into trouble at times. What I believe...

Let’s believe in this Brave Warriors team

1 month - 09 June 2019 | Columns

Adolf Kaure The Namibia senior soccer team has qualified for the 2019 CAF (Confederation of African Football) AFCON (African Cup of Nations) for a third...

In die wolke

1 month - 02 June 2019 | Columns

Otis FinckDie uitdrukking “hy's ge-olie” is nie meer wat dit was nie.Die twee daggakweekhuise wat gevind is in tuistes by die kus het my laat...

Jy is myne

1 month - 26 May 2019 | Columns

Yolanda NelJesaja 49:16: Ek het jou naam in my handpalms gegraveer . . .“Hoe bond jy met jou baba as jy nie die geslag weet...

Say no to “beer pressure”

2 months ago - 19 May 2019 | Columns

Gerine HoffA couple of weeks ago I wrote about how more and more people are getting on the no-spend bandwagon. Or rather, only spending money...

Education is key

2 months ago - 12 May 2019 | Columns

Adolf KaureLearning is a lifelong exercise. With the top two tertiary institutions in the country – the University of Namibia (UNAM) and the Namibia University...

Latest News

Two birds with one stone

5 days ago - 14 July 2019 | Events

On Wednesday (17 July) Colin Lindeque hosts a public talk on bush-to-feed for drought relief at the Namibia Scientific Society.Namibia currently faces two severe environmental...

Só maak Chamel 'n verskil

5 days ago - 14 July 2019 | Society

Gerine Hoff Daar is soveel mammas wat 'n behoefte het aan items vir hulle nuwe baba en dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Om die...

Goeie opkoms vir Chryzander

5 days ago - 14 July 2019 | Local News

Gerine HoffDie gemeenskap van Rehoboth het verlede naweek kragte saamgesnoer om geld in te samel vir Chryzander Britz se ouers om hulle weer op hul...

Dams at critical levels

5 days ago - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

'n Huis vol aapstreke

5 days ago - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Support for Omaheke conservancies

5 days ago - 14 July 2019 | Environment

The Namibia Nature Foundation (NNF) recently received a donation of N$234 000 to in support of three conservancies in the Omaheke region from First National...

Windhoek: A city for cyclists?

5 days ago - 14 July 2019 | Health

Windhoek • Lisa Plank There are no special routes for cyclists in Windhoek; cars drive carelessly, the area is mountainous and it is usually very...

Support for albinism

5 days ago - 14 July 2019 | Society

While commemorating International Albinism Awareness Day, FNB Namibia donated 250 sun protection hats valued at N$21 750 to Albino Care Support in Namibia of Albinism...

Ontluikende talent hier aangewakker

5 days ago - 14 July 2019 | Education

Altesame 160 leerlinge het in Junie aan die Bank Windhoek Skryfskool deelgeneem wat in samewerking met die ATKV Windhoek-tak aangebied is. Die skryfskool wat deur...

Load More