Welkom terug, dr. Glen-Spyron!

17 September 2019 | People

Windhoek • Gerine Hoff

Vir die eerste keer in baie jare beskik Windhoek, en die land, oor ’n periodontis van ons eie met dr. Olivin Glen-Spyron wat ná 15 jaar se studies na sy vaderland teruggekeer het.
Periodontie is die gespesialiseerde studie en behandeling van inflammatoriese siektes wat tandvleis en ander ondersteunende strukture rondom tande verwoes. ’n Periodontis is dus ’n tandarts wat spesialiseer in die voorkoming, diagnose en behandeling van periodontiese toestande en plasing van dentale implantate.
As sy naam bekend klink, is dit dalk omdat Olivin in ’n stadium ’n nasionale krieketspeler was. “Maar dis al baie jare gelede,” vertel hy met ’n glimlag.
Hoewel hy in Kaapstad gebore is, was hy nog ’n baba toe hy saam met sy ouers na Namibië getrek het. “My pa is eintlik van Outjo. Hy en my ma het ontmoet terwyl hulle op Stellenbosch op universiteit was.”
Hy het in Windhoek grootgeword en by Orban Laerskool en St. Paul’s skoolgegaan. Daarna is hy sak en pak Pretoria toe om tandheelkunde te gaan swot, waar hy ook die volgende 15 jaar van sy lewe deurgebring het.
Olivin sê hy het nog altyd in dié rigting belang gestel. “Selfs as ’n voorgraadse student was ek mal daaroor. Ek hou van die idee van tande red eerder as om dit te trek. Boonop is ek gek oor die akademiese én kliniese aspekte daarvan. Ek het ook ’n wonderlike mentor gehad in prof. Andre van Zyl wat kort voor my finale jaar uit die akademie getree het,” sê hy.

Toekomsplanne
Oor sy toekoms in Namibië is hy baie opgewonde.
“Daar is ’n groot behoefte aan periodontiese bystand hier, veral omdat baie Namibiërs my al kom sien het terwyl ek nog in Suid-Afrika was.”
Op die oomblik lokum Olivin by twee praktyke in die hoofstad, maar hopelik teen die middel van volgende maand sal sy praktyk as spesialispraktisyn in volle gang wees. “Die praktyk is in Maerua Mall geleë en ná al die gespesialiseerde toerusting wat ek nodig het hier aankom, kan ek intrek.”
Intussen het hy die Institute for Oral Health (Namibia) gestig, wat dit ten doel het om soveel mense as moontlik te help in terme van algemene mondgesondheid en -sorg, asook orale kanker. “Ek wil hê mense moet bewus wees dat gesigsestetika en -funksie relevant is, veral in ag genome dat mondkanker sesde mees algemene kanker ter wêreld is,” sê hy.
Hy wil nie net Namibiërs met hul periodontale gesondheid help nie; hy onderhandel ook met die Universiteit van Namibië om betrokke te raak by die departement van tandheelkunde, spesifiek ten opsigte van periodontiek en mondgesondheid.
Hy sê die besluit om na Namibië terug te keer was maklik.
“Dit was nog altyd ons plan. My vrou, Christine, wat ook van Outjo is, is ’n arbeidsterapeut en werk ook nou hier in Windhoek.”
Hy vertel dat hulle einde verlede jaar nadat hy sy meestersgraad voltooi het, besluit het dis ’n goeie tyd om huis toe te kom.
Wat die keuse selfs makliker gemaak het, is dat hulle al twee se ouers in Namibië woon.
Hoewel hy ná 15 jaar geensins moeg is vir studies nie, sê hy daar is nie op die oomblik ’n PhD in sy visier nie, “net werk vir nou!” Boonop gaan hy ekstra tyd nodig hê, aangesien hy en sy vrou in Februarie baba nommer 2 verwag.
“Noudat ons terug in Namibië is, gee dit ons ook die kans om meer buitelugaktiwiteite saam te geniet omdat ek nie regtig vryetyd gehad het terwyl ek studeer het nie.”
Gaan hy weer begin krieket speel?
“Ek het ja, maar niks te ernstig op die oomblik nie.”
Hoewel sy nuwe praktyk nog nie vol op dreef is nie, kan hy by [email protected] of 081 269 9457 gekontak word.

Similar News

 

A lifetime for Delta

1 week ago - 21 February 2020 | People

Windhoek’s Delta Primary School (DSW) is 50 years old today. To see what happens behind the scenes at, Evelyn Rosar of the Allgemeine Zeitung accompanied...

Japie hardloop vir bejaardes

1 week ago - 17 February 2020 | People

Yolanda Nel - Fiksheidsinstrukteur Japie Greyvenstein is besig om geld vir die bejaardes van Senior Park in te samel en maak só deur aan die...

‘Nou begin die lewe eers!’

2 weeks ago - 11 February 2020 | People

Evelyn Rosar - Dis 08:30 en koffie en tee word by die Oude Rust-oord in Windhoek bedien. Oupa Harry gaan sit saam met die ander...

Big smiles from Godfried

3 months ago - 19 November 2019 | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

3 months ago - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Bederf ’n boervrou

4 months ago - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Die verhaal van Mamma Afrikaner

4 months ago - 14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder. Moria Grace is...

Edgy young designer dreams big

5 months ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Changing faces at CAN

6 months ago - 25 August 2019 | People

There’s been some moving and shaking at the Cancer Association of Namibia, with two new staff members that recently joined the organisation.Sister Aina Nghitongo is...

Namibia's own Stevie Wonder

6 months ago - 25 August 2019 | People

Tanja Bause “My biggest dream in life is to be a radio presenter. I want to tell people stories and entertain them,” says Harry Rheeder...

Latest News

CoW on cost-cutting drive

1 hour ago | Government

The mayor of Windhoek Fransina Kahungu said the municipality will be forced to introduce cost-cutting measures to save money to implement its 2020 Mayoral Action...

MTC wants to house homeless

6 hours ago | Infrastructure

MTC has set itself the goal to provide affordable housing for the homeless.According to MTC spokesperson Tim Ekandjo, the company plans to build 270 apartments...

Renault verras met bekostigbare Triber

6 hours ago | Motors

Durban • Dirk GallowitzDit bly effe van ’n goëlbal – dis nou daai aflewering wat jou só tref dat jy wonder waar het jy dit...

Top Two soccer and netball...

6 hours ago | Sports

The Top Two football and netball tournament under the auspices of Namibia Rural Sports Development Federation (NRSDF) takes place in the capital at Sam Nujoma...

Basketball coaches coached

7 hours ago | Sports

Ten basketball coaches received certificates after completing an international coaching enrichment certificate programme (ICECP), which was held in Windhoek over the past four months.The graduating...

Exhibition tourney for amateur boxers

7 hours ago | Sports

The Funky Lab Namibian Police (NamPol) Boxing Club hosts an exhibition boxing tournament at Funky Lab Club and Restaurant in Windhoek on Saturday.Speaking the media...

Cars need speed control devices...

7 hours ago | Motors

Acting secretary general of the National Unity Democratic Organisation (NUDO) Youth League, Veparura Kandirikirira wants speed limiting and emergency braking technologies fitted in all cars...

Independence anniversary logo unveiled

7 hours ago | Events

The deputy minister of information and communication technology (MICT) Engel Nawatiseb unveiled the 30th independence anniversary celebration logo and theme for the next five years...

No 5G for capital …...

7 hours ago | Infrastructure

Windhoek • [email protected] request to enter into a Memorandum of Understanding (MoU) between Huawei Communications and the City of Windhoek for a 5G network connectivity...

Load More