Werkesel het ’n netjiese aandpak

Ford se Ranger XL Sport

24 June 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz

Met bakkie pryse, veral die luukser dubbelkajuitmodelle, wat die hoogte inskiet, begin meeste vervaardigers die lig sien om goedkoper alternatiewe in die mark vry te stel ten einde verkope te stimuleer. Dink maar aan Isuzu se gewilde X-Rider modelle.
Terwyl Ford bakkie liefhebbers almal droom van ’n Raptor of Wildtrak dubbelkajuit viertrek, is die finanisiële realiteit dat pryse vir hierdie nuwe spogbakkies buite meeste kopers se vermoë val.
Ford SA het dan ook onlangs ’n Sport-pakket vir sy goedkoper Ranger XL-modelreeks werkbakkies bekendgestel ten einde hierdie goedkoper modelle se verkope onder leefstylkopers te probeer aanjaag.
Die Ranger XL se voorkoms is buitelangs opgekikker deur dit toe te rus met ’n Sport pakket wat glans-swart sierrooster, swart pyprolstaaf, swart agterste buffer en swart 17” ‘Panther’ ontwerpte allooiwiele met fris veldrybande insluit. Daar is ook ’n sleepstang ingesluit en die agterklap vertoon ’n swart “Sport” kenteken. Kopers kan vir net duskant N$5000 ook swart kanttrappe kry soos met ons toetsmodel.
Die resultaat is ’n aangename verrassing met die bakkie wat nou sportief en aggressief vertoon.

Tipies Ranger
Binnekant is die Ranger XL Sport tipies Ranger, maar sonder meeste van die luukshede wat byvoorbeeld in die Wildtrak aangetref word.
Dit is ’n werkesel dubbelkajuit en al die broodnodige en belangrike magêftertjies is daar. Wat egter pla is die oormatige harde plastiek oppervlaktes in die kajuit. Terwyl dit verstaanbaar is gegewe die prys, kon Ford dit tog probeer verbloem het vir ’n minder spartaanse ambiaans. Sitplekke is met ‘n goeie material beklee en sit heel gerieflik.
Die lugversorger werk goed, weliswaar nie elektronies nie, maar dit is minder belangrik in ’n werkesel. Die stuur kom ook net met hoogteverstelling.
Wat egter broodnodig is en ontbreek, is parkeergonsers vir die agterkant. Die bak is hoog en belemmer nogal sig wanneer dit in knap spasie geparkeer moet word. Dit is gelukkig beskikbaar teen ’n ekstra koste.
Die XL Sport bied elektriese vensters voor en agter, afstandbeheer vir oop- en toesluit asook dagryliggies. Die Aux laaisok en twee USB koppelpunte kom handig te pas.
Ons toetsvoertuig het die N$6 000 opsionele ekstra 8” infotainmentstelsel gehad wat met die uitstekende Ford SYNC3 stelsel kommunikasie, klank en navigasie beskikbaar maak met behulp van Apple CarPlay en Android Auto skakeling.

Verrigting en paddinamika
Aandrywing in die Ranger XL Sport kom danksy Ford se bekende en beproefde 2.2 viersilinder turbodieselenjin wat al effe lank in die tand raak. Die enjin lewer 118kW en 385Nm se piekkragte wat krag na al vier die wiele stuur deur middel van ’n 6-gang outokas wat welbekend is uit die ouer generasie Rangers. ’n Handratkas is ook beskikbaar.
Die enjin lewer genoeg krag vir alledaagse gebruik en loop heel gemaklik op die ooppad. Moet egter nie die tipe verrigting verwag wat die nuwe generasie 2.0 liter bi-turbo enjin en 10-spoed ratkas bied nie.
Ons kon die XL Sport ook in die veld gaan beproef. Die 6-gang outomaties met behulp van HDC (Hill Descent Control), viertrek in hoë- of lae strek en ewenaarslot het die XL Sport gemaklik in die veld deur en oor uitdagende terrein laat beweeg. Ook in dik, los sand het die XL Sport beïndruk. Ek kon selfs ’n groot vrag perdevoer laai met die XL Sport wat die meer as 3 ton gewig moeiteloos gesleep het oor die tweespoor sandpaaie van die Sandveld.
Ons gemiddelde brandstof gebruik was rondom 10,5l/100km gemeet oor ons totale toetsafstand van ongeveer 1500km.
Op die teer en selfs teen 110kpu op die grondpad, het die XL Sport bogemiddeld hanteer en het ons nooit ervaar dat die bakkie onstabiel met onnodige bakrol was nie. Weliswaar was die wiele vir die grondpad afgeblaas tot met 1.2b agter en 1.8b voor terwyl die breë veldry rubberse goeie greep ook ’n bydrae gelewer het.
Ons moet Ford gelukwens met die XL Sport. Die werkesel het ’n netjiese aandpak aangetrek en die resultaat is ‘n oulike, eerlike, gewillige en netjiese bakkie wat kopers goeie waarde vir geld bied en met die vooruitsig van goeie inruilwaarde later.

Similar News

 

Usain Bolt in ’n Shrek-kostuum

1 week ago - 13 October 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie “M”-kenteken het oor die jare gesorg vir ikoniese verrigtingmotors wat wêreldwyd met uitsonderlike sukses die renbane aan die brand gejaag het.Die...

’n Eerlike bakkie

2 months ago - 24 August 2021 | Motors

Isuzu Suid-Afrika sal die lankverwagte nuwe Isuzu in 2022 plaaslik bekendstel, maar intussen verkoop die effe goedkoper X-Rider modelle fluks.Ons het onlangs ’n pragtige bloedrooi...

All new Navara makes Namibian debut

2 months ago - 17 August 2021 | Motors

Nissan announced the launch of the all-new Nissan Navara in Namibia today.The new pickup delivers an enhanced level of safety, comfort and driving pleasure, while...

2021 Santa Fe nou meer begeerlik

4 months ago - 03 June 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDie 2021 Hyundai Santa Fe is die vierde generasie van die Koreanse motorvervaardiger se vlagskip SUV wat in 2018 plaaslik bekendgestelel is...

Die SUV-stryd woed voort

5 months ago - 27 May 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzKIA Motors het onlangs sy reeks van klein familievoertuie uitgebrei met die bekendstelling van die oulike Sonet.Die kompakte SUV segment is uiters...

My (amper) ideale klein sportsnuts

5 months ago - 19 May 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzPersoonlike smaak is presies dít: persoonlik. Waarvan jy hou gaan heel waarskynlik verskil van my gunstelinge, en dankie tog, want dis hoekom...

Heading out this Easter?

6 months ago - 01 April 2021 | Motors

Going away for the Easter weekend can be both daunting and exciting, especially if you have a big family. If you have little ones, you...

’n Sjiek en sjarmante Fransman wat harte gaan laat...

6 months ago - 29 March 2021 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzPeugeot se indrukwekkende nuwe 2008 is onlangs in Suider-Afrika bekendgestel. Ons het die plaaslike bekendstelling in ’n papsopwinterwaternat Limpopo bygewoon en sommer...

Iconic ride continues

7 months ago - 26 March 2021 | Motors

In October last year, Harley-Davidson announced a restructuring strategy for the brand, which is driven to focus on its core customer.Unfortunately, this meant that the...

Audi A7 wins NamWheels Car of the Year

7 months ago - 23 March 2021 | Motors

NamWheels, Galimoto Media’s flagship publication, announced their Car of the Year on Namibia’s Independence Day.The winning vehicle, Audi’s A7 Sportback 55 TFSi Quattro S-Line, achieved...

Latest News

Shoes heading to Omaheke

27th of October 08:10 | Social Issues

Project Never Walk Alone (PNWA), led by Tim Ekandjo, announced the distribution of the second batch of 1300 pairs of shoes to the needy in...

Creating solutions

9 hours ago | Environment

Namibia is known for its pristine environment and landscapes that attract substantial tourists; therefore, the lack of solid waste management if unattended may lead to...

MICT's say on SIM card...

9 hours ago | Technology

Following government’s policy directive that all SIM cards in Namibia must be registered, the Ministry of Information and Communication Technology (MICT) said that after consultations...

Masks, gowns for Health

12 hours ago | Health

When the third Covid wave hit Namibia, the request for assistance was also heard by Support Ulm e.V. in Germany, and Prof. Dr. Heinz Maier,...

Green, inclusive development to rebuild...

12 hours ago | International

Development cooperation is an important cornerstone of the German-Namibian partnership, as was highlighted by the visit of the German delegation of the Federal Ministry for...

Climate Change in Namibia

13 hours ago | Environment

The United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) was established in 1992 in Rio de Janeiro with the mandate to tackle the issue of...

Bringing joy to children

14 hours ago | Events

In two months from now we will be celebrating Christmas – a time where family and friends get together and are joyous. Gifts are exchanged...

CCF, Veloce racing to save...

14 hours ago | Environment

Veloce Racing is disrupting the racing industry, striving to drive change in technology, sport and sustainability, whilst inspiring and educating current and future by partnering...

Rocky Crest receives service audit

15 hours ago | Local News

The City of Windhoek once again resumed with their municipal service audit, which was piloted in Cimbebasia and Klein Windhoek in March and April this...

Load More