Wie's jou sidekick?

15 October 2018 | Columns

Yolanda Nel - Ek kan onthou toe ek 12 jaar oud was, het ek 'n toespraak by die Sinode gelewer. Ek moes praat oor die belangrikheid van die doop. Hammelie het ywerig help voorberei en weke lank saam met my geoefen.

Maar soos baie dinge in die lewe, kan jou sidekick jou net tot so ver help en dan staan jy alleen op daardie verhoog en praat.

Tog was Hammelie naby my, in die eerste ry. Ek het alles gedoen wat Hammelie my geleer het. Praat hard en duidelik. Moenie oorrond nie. Moenie op jou notas kyk nie, jy weet wat wil sê. Maak oogkontak met iemand in die gehoor, al is dit ek.

Twintig jaar later sit ek by 'n geleentheid, soos joernaliste maar doen.

Dis Oktober. Niemand hou van die maand nie. Die jaar was lank, maar Krismis voel nog te ver weg. Die ekonomie is in sy peetjie en die brandstofprys bly styg. Mense is moeg en talle grootkoppe staan voor baie hoopvolle personeellede en sê, “sorry guys, daar's nie bonus die jaar nie”.

Maar ons is by 'n partytjie. Dis lekker. Vir 'n wyle vergeet almal dis Oktober. Een of ander minister moet speech, ja dis een van daai grênd affêres. Maar hy kon nie kom nie. Hy stuur iemand in sy plek. Hulle moet on his behalf voorlees.

Ek is sommer vies. Hoekom sê jy jy is beskikbaar en dan kan jy dit kamma nie maak nie? As jy moeg is, sê vir die gasheer 'jammer, dalk 'n volgende keer'. Al wil jy net op jou bank sit en Netflix kyk. Maar met die regering gebeur iets altyd op nommer 99.

Elke. Liewe. Keer.

Nietemin, omdat dit dié tyd van die jaar is, verwag ek 'n ongelooflike motiveringspraatjie. As iemand nou op 'n verhoog stap, moet hy my só inspireer, ek sal sommer deurnag werk. Ek wil al my rubriek van middel Desember gereed hê.

En dis die minister, mens kan maar hierdie verwagting skep.

Die persoon wat instap lyk asof die geleentheid net vir haar is. Sy moes eintlik van die begin af genooi gewees het om te kom praat. Sy is reg vir die kollig.

Met die beginslag besef ek hierdie tannie het nie die speech deurgelees nie.

Ek wil vir haar vra wie háár side-kick is, want sy kort 'n paar lesse. Sy val oor elke derde woord. Ek dink selfs sy het dalk twee paragrawe met mekaar geïntegreer, want toe is ons almal deurmekaar.

En in die oomblik waar iemand in 'n topposisie wysheid kon deel en motiveer, het gaste lusteloos rondgekyk, baie bewus dat dit Oktober is. Dat Kersfees 'n handvol dae te veel vêr is en dat ons siele moeg is.

Miskien was die oomblik net te groot. Dalk was sy ook moeg, en was sy eintlik die een wat motivering gekort het.

Similar News

 

Dear Dawid

6 days ago - 17 March 2019 | Columns

Julienne van RooyenThank you for taking a chance on me. Thanks for believing in me when I felt that no-one else did. Thanks for only...

Woman, you are phenomenal

1 week ago - 10 March 2019 | Columns

Leandrea Louw I recently came across a situation where a woman had to lay a charge of theft against the daddy of her baby....

Join the #nospendchallenge

2 weeks ago - 03 March 2019 | Columns

Gerine Hoff A couple of weeks ago I read an article about a British woman who saved more than £20 000 (almost N$400 000!) in...

Ixa vs S-Man: It's a rap!

3 weeks ago - 24 February 2019 | Columns

Otis Finck I am following a social media spat involving two rappers, Ixa and S-Man, with great disdain and wonder what's actually to gain? ...

Body goals

1 month - 17 February 2019 | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

1 month - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

A healthy body and mind

1 month - 04 February 2019 | Columns

Leandrea LouwJanuWorry is finally done and I believe many of us have listed ‘eat healthier’, ‘lose weight’ or ‘start exercising’ as one of our New...

Weer 'n student

1 month - 27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die...

Our daily commute

2 months ago - 20 January 2019 | Columns

Julienne van RooyenOne of the first things I realised once the holidays were over, is that our daily commute has started again. This is such...

As die meerminne verdwyn

3 months ago - 17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More