Wilde vrugte hul enigste hoop

Hierdie paartjie is heeltemal afhanklik van mahangu-boerdery, waarvan die oeste deur droogte verwoes is.

12 May 2019 | Disasters

Sihepere • Kenya Kambowe



Grond wat onbenut is weens die huidige droogte en die feit dat hulle werkloos is, is twee van die talle uitdagings wat ’n paartjie van die Sihepera-nedersetting in Kavango-Wes in die oë staar. Dit terwyl hulle sukkel om kos op die tafel te sit.

Sihepere is sowat 50 km wes van Rundu in die Ncamagoro-kiesafdeling geleë.

Selestinus Sintango (43) en Josephine Clemens (36) sê hulle verkoop wilde vrugte van die Mangongo-boom om te oorleef. Dié vrug word algemeen in die Kavango-streke gebruik om ’n tradisionele drankie bekend as kashipembe, te brou.

Die paartjie het gesê hulle kliënte sluit inwoners van die nedersettings in waar die boom nie algemeen voorkom nie. ’n 50 kg sak Mangongo-vrugte verkoop vir tussen N$15 en N$25.

Die paartjie sê hulle pers ook olie uit die neut en ruil dit vir mahangu-sade. Die olie word saam met vleis bedien.

“Dit is hoe ons hier oorleef, my broer. As dit nie vir hierdie boom was nie (verwysend na die Mangongo-boom), het ons nie nog gelewe nie,” het Sintango gesê.

Hy sê sy laaste werk was in 1999 as ’n sekuriteitswag toe hy nog in Windhoek gewoon het. Hy moes egter dié werk laat vaar toe sy pa hom na die nedersetting ontbied het omdat hy moes trou en homself vestig.

Om na sy familie om te sien, het Sintango sy mahangu-land bewerk en stukwerk in die gemeenskap gedoen, onder andere om pale van takke te maak.

Droogte eis sy toel

Sintango en sy familie gaan egter vanjaar niks kan oes nie, aangesien hulle soos die res van die land, erg deur die droogte geraak is. Hy het gesê hulle bly hoop die volgende reëseisoen sal goeie neerslae oplewer.

“As gevolg van die droogte gaan hierdie jaar moeiliker as vorige jare wees. Ons is afhanklik van die reën om ons grond te bewerk, maar dit was nie hierdie jaar die geval nie omdat daar geen reën was nie. Ons sal maar moet wag en sien wat die volgende seisoen vir ons inhou,” het hy gesê

Op die oomblik kry die gemeenskap water van ’n boorgat. Weens finansiële probleme kon die paartjie egter nie sedert April hul N$40 maandelikse bydrae betaal nie. Daar word van alle volwassenes in die nedersetting verwag om N$20 per maand by te dra. Sintango het gesê hulle skuld verhoog elke maand en een of ander tyd, gaan hulle gedwing word om te betaal of om die gevolge te dra.

Ander uitdagings

Sintango het gesê die gemeenskap staar verskeie uitdagings in die gesig, onder andere dat hulle nie toegang tot krag het nie en dat die naaste polisiestasie by Mururani is, wat 50 km weg is. Hy het ook gesê Sihepera het ’n dringende behoefte aan toegangspaaie, en meen die gebrek daarvan is hoekom meeste mense hulleself langs die hoofpad gevestig het.

Die naaste kliniek is by die Ncamagoro-nedersetting, wat 10 km weg is.

Sintango het ’n beroep op die regering gedoen om hulle probleme aan te spreek. “Sedert onafhanklikheid hou ons gemeenskapsvergaderings en was daar al ministers wat ons besoek het met die belofte van ontwikkeling. Maar tot nou het nie veel verander nie.”

Hy meen kwessies soos werkloosheid in hul nedersetting en die streek sal slegs uit die weg geruim word as daar geleenthede vir hulle geskep word. “Ons is jonk. Vestig projekte en ons sal werk,” het hy gesê.

Similar News

 

Good possibility for rain

5 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Dams at shockingly low levels

1 week ago - 11 August 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Residents of the capital are ­finally taking water savings a little more seriously and managed to save 4% last week.According to...

Dams at critical levels

1 month - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

New water restrictions in full force

1 month - 30 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Residents of Windhoek are reminded that starting tomorrow, 1 July, various water restrictions come into effect. This entails that lawns and...

We are running out of water

2 months ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

More support for Dare to Care

2 months ago - 09 June 2019 | Disasters

Given that Namibia continues to be ravaged by drought, Engen earlier this week donated N$1 million to the Dare to Care Foundation to assist the...

Ontbyt saam vir boere

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of drought

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Plans to place water along the Fish

2 months ago - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

Watertekort in hoofstad neem toe

3 months ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Latest News

Thomas, Armas victorious

4 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

5 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

5 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

5 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

5 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More