SHAN-skou 2025: ’n Viering van diversiteit, toewyding en uitnemendheid
Die onlangs SHAN-skou is deur die organiseerders as ’n reusesukses beskou en word gevier as een van die mees inklusiewe ruitersportgeleenthede in Namibië.Die skou, aangebied deur die Skouperdvereniging van Namibië (SHAN) se komitee by die Rolé-ruitersentrum naby Brakwater, het ruiters, perde, borge en toeskouers van oraloor die land bymekaargebring.
Met 79 perde wat ’n wye verskeidenheid rasse verteenwoordig – insluitend appaloosas, kwart-, warmbloed-, saal- en volbloedperde, arabiere, friesperde, miniatuurdonkies en ’n majestueuse Clydesdale – het die geleentheid die diepte en diversiteit van Namibië se ruitersporttoneel ten toon gestel.
SHAN se komitee het sy opregte waardering uitgespreek teenoor sy borge wat ’n sleutelrol gespeel het om die skou ’n sukses te maak en hoop dat hulle hul ondersteuning in 2026 sal voortsit, aangesien planne reeds aan die gang is om ten minste 100 perde te akkommodeer.


