Namibië goed verteenwoordig by SCI-jagskou

Francoise Steynberg
Rolspelers in die plaaslike jagbedryf, lede van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) en beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verlede week die grootste jagskou in Amerika, die Safari Club International (SCI) Jagskou in Nashville, Tennessee, bygewoon. Rolspelers in die bedryf was goed by die skou verteenwoordig met tientalle stalletjies in ’n poging om buitelandse jagters na Namibië te lok. Groot belangstelling heers veral vir grootwildjagtogte met jagpakkette wat al vir volgende jaar uitverkoop is. Richard Fryer van die omgewingsministerie het die skou bygewoon en die foto’s geneem.