Namibië gasheer van internasionale kongres vir arbeidsterapeute

Henriette Lamprecht
Die Namibiese vereniging vir arbeidsterapeute (NAOT) is vanjaar die gasheer van die Arbeidsterapie Afrika-streeksgroep (OTARG) se 12de kongres. Die kongres skop volgende Maandag (21 Augustus) by die Universiteit van Namibië (Unam) se Hage Geingob-kampus in die hoofstad af en duur tot Donderdag. Dit vind plaas onder die vaandel van "Transforming Health and Well-being in Africa through Occupation" en fokus op die beduidende rol wat arbeidsterapie speel in die verbetering van gesondheidsuitkomste sowel as die algehele welstand van inwoners op die vasteland. Spesiale gaste sluit in die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verteenwoordiger in Namibië, asook die president van die Wêreldfederasie van arbeidsterapeute.