Nasionale stap vir kanker

#WalkForCancerNam
Iréne-Mari van der Walt
Pathcare Namibia bied eersdaags in samewerking met die Kankervereniging van Namibië en ander borge 'n nasionale stap vir kanker op 1 Julie.
Sewe stapgeleenthede sal onderskeidelik in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Outjo gehou word.
Registrasie begin om 08:00 en die stap begin om 08:30.