PAS IN: Lentefees vir ’n goeie doel

Yandi Du Plessis
Die eerste Windhoek Spring Picnic Festival word eerskomende Saterdag (7 Oktober) by The Cork & Fork aangebied. Plaaslike musikante soos Vaughn Ahrens, Sir Ray, Lin-Mari, Gareth Harvey en meer sal vanaf 12:00 by dié lentepienkniek-fees optree.
’n Gedeelte van die winste sal gebruik word om sanitêre produkte vir vroue te koop en aan behoeftiges in dorpe landswyd uit te deel.
Kaartjies is vooraf teen N$130 aanlyn via Webtickets beskikbaar, of teen N$150 by die hek.