Akoestiese klanke lui die naweek in

Yandi Du Plessis
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied eerskomende Vrydag (31 Maart) sy tweede Acoustic Friday-konsert vir die jaar aan.
Dié geleentheid vind op die laaste Vrydag van elke maand plaas.
Vrydagaand se gasmusikant is Zingerwingz. Dié 25-jarige - in Windhoek gebore en getoë - werk as teaterpraktisyn en verhoogkunstenaar wat Afrika-gesentreerde uitvoerende kunste gestudeer het. Sy is 'n storieverteller wat die verskillende kunsdissiplines gebruik om die stories wat sy wil vertel, oor te dra.
Kaartjies is vooraf by die FNCC en Café Prestige beskikbaar teen N$60, of teen N$80 by die deur.
Die konsert begin om 19:00.