Femme Fatale Zietsman gereed vir Routrip
                                    Iréne-Mari van der Walt
            
            Die veteraanaktrise en -kabaretster Elzabé Zietsman het NMH se nuuskantoor gister besoek voor sy Saterdag by Droombos haar toer deur Namibië as deel van die FNB Windhoek Woordfees met haar eerste vertoning 
Routrip afskop. Met dié vertoning maak Elzabé dan ’n draai in Otjiwarongo (Dinsdag), Swakopmund (Woensdag) en Walvisbaai (Donderdag) en sluit haar Namibiese optredes met 
Femme is Fatale Vrydag in DHPS se skoolsaal af. 
Republikein en 
Uitspeel se dinamiese duo Henriette Lamprecht (tweede van links) en Jo-Mare Duddy (heel regs) sloertoer al die pad saam. Saam op die foto is Elizma Theron van Netwerk vir Afrikaans en FNB Windhoek Woordfees. FOTO IRENE-MARI VAN DER WALT