Foto-uitstalling fokus op transformasie, veerkragtigheid

Yandi Du Plessis
Susan Nel bied vanaf 9 tot 12 Oktober die foto-uitstalling Seeing Me by die Frans-Namibiese Kultuursentrum aan (FNCC).
Dié fotoreeks beeld haar reis van fotograaf na lewensafrigter uit met die tema “Pad na veerkragtigheid: ’n Afrigtingsbenadering tot geestelike welstand”.
“Wat jy sal vind, is my persoonlike verhaal van transformasie. Wat ek hoop jy vind, is ’n platform en ’n inspirasie en ’n manier om jouself te sien soos elke gesonde en dapper mens moet: Pragtige mens, vol potensiaal en op pad na ’n plek van veerkragtigheid en heelhartigheid,” skryf Susan op haar Facebookblad.
Sy bied ook op 10 en 11 Oktober slypskole aan waar jy ’n oggend- of middagsessie kan bywoon. Kaartjies vir die slypskole kan via e-pos bespreek word by [email protected].