Foto-uitstalling vier Namibiese landskappe

Yandi Du Plessis
’n Unieke foto-uitstalling deur Randal Hinz, wat as die Namibiese Landskapfotograaf van die Jaar vir 2022 aangewys is, open op Donderdag 31 Augustus by The Patio in die hoofstad. Hierdie pragtige uitstalling, getiteld This is Namibia, bestaan uit eksklusiewe "beperkte uitgawe"-foto's deur Randal Hinz. Sommige foto's wat uitgestal word, is nog nooit deur die publiek gesien nie. Sluit aan by hierdie eksklusiewe uitstalling tussen 17:00 en 19:00. Drankies en eetgoed sal by die geleentheid beskikbaar wees.