Grotman groet ‘lieflike Windhoek’

Iréne-Mari van der Walt
"Ek hoop dat ek weer gou vir julle kan kom kuier in julle lieflike Windhoek."
Dít was akteur Phillru van Achterbergh se boodskap aan die gehoor na sy vertoning van Groet die Grotman 2 Vrydagaand by Windhoek Hoërskool se saal.
Tydens die vertoning van meer as twee ure lank het Van Achterbergh die gehoor laat skaterlag en klaarblyklik verskeie kere karakter gebreek om vlugtige erkennings aan die gehoor te gee dat hy nog nooit só ’n waaghalsige soort komedie in enige vertoning van hierdie teaterstuk ingespan het nie.
Van Achterbergh het ongeveer 15 jaar na die eerste Groet die Grotman, met gesoute akteur Hannes Müller in die hoofrol, weer ’n blik op Grotman se lewe gebied. Hierdie keer is Grotman en Elize steeds gelukkig getroud met kinders en moet Grotman sin maak van sy liewe vroue se nukke. – [email protected]