Luna Paige stel twee albums op een dag bekend

Een Engels, een Afrikaans
Die gewilde Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar twéé op te neem en op dieselfde dag uit te reik.
Só gesê, só gedaan en die twee albums is verlede week vrygestel.
Daarmee saam kan aanhangers uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping “Dis die dors”, asook haar nuwe Engelse album “Harmony.”
Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Sy het dié liedjie ook as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo die lied vang die essensie van die album vas.
Harmony is Luna se vyfde Engelse solo album. “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.
Dit is die eerste keer in tien jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel.
Die musiek? ’n Eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.
Kyk “Dis die Dors” video hier: https://youtu.be/BghIvRP7Ux8 en “Rather be alone than alone in love” hier: https://youtu.be/BUjUxncNY_A