’n Aand met die OYO-dansgroep

Yandi Du Plessis
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se dansgroep bied op Woensdag, 22 Februarie, hulle eerste dansvertoning vir die jaar, getiteld Not Again! deur die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Die groep het tradisioneel 'n uitvoering aan die begin van die jaar waar hulle repertoriumstukke aanbied en hul program vir die jaar bekend maak. Die vertoning kan gratis bygewoon word en almal is welkom.