NAGN stal binnekort weer uit

Yandi Du Plessis
Die Nasionale Kunsgalery (NAGN) se eerste uitstalling vir 2023 open op 23 Maart. An Ode to the Masters word beskryf as ’n ongelooflike versameling van werke wat as ’n gebaar van waardering dien teenoor ’n uitgekose groep gevestigde Namibiese kunstenaars. Dié kunsversameling deur gesoute kreatiewes weerspieël hul onderskeie reise in die artistieke bedryf. Die openingsgeleentheid is eerskomende Donderdag om 18:00 en die uitstalling duur tot 29 April.