Neon Dreams bring 'n stukkie sonskyn na Namibië

Yandi Du Plessis
Neon Dreams, die Kanadese alt-pop-duo wat bestaan ​​uit die sanger Frank Kadillac en die tromspeler Adrian Morris, besoek Namibië weer eersdaags as deel van hulle Sunshine-toer.
Die twee het sowat 'n jaar gelede in Windhoek en Swakopmund opgetree.
Die duo tree op 5 April in Swakopmund by Soundgarden op, en 6 en 7 April by die Mynt-nagklub in Windhoek.
Tydens hulle Sunshine-toer, met 18 datums regoor Suid-Afrika en Namibië, sal Neon Dreams se mede-Kanadees en platinum-kunstenaar Coleman Hell en die ontluikende Johannesburgse musikanttweeling, die Saxby Twins, by hulle aansluit.
Die aankondiging kom kort op die hakke van Neon Dreams se nuwe album, Love Child Baby Dolphin. Die album is 'n versameling liedjies wat in Suid-Afrika geskryf en opgeneem is, insluitend hulle treffer-enkelsnitte, "Little Dance" en "It's All Good" saam met 'n vars klomp nuwe enkelsnitte.
Kaartjies is via Webtickets beskikbaar