PAS IN: Gospel Meets Jazz uitgestel

Yandi Du Plessis
Die Gospel Meets Jazz-somerfees wat op 10 Desember in die hoofstad sou plaasvind en bekende en gewilde kunstenaars soos Juanita du Plessis, Loyiso Bala en Suzy Eises na die verhoog sou bring, moes vir eers uitgestel word. Dit vanweë “logistieke uitdagings” met betrekking tot die openbare vakansiedag – Menseregtedag - op dié datum. Vocalcast Productions, wat die fees organiseer, het dié aankondiging gister op hulle Facebook-blad gemaak en gesê die nuwe datum vir Gospel Meets Jazz sal “spoedig gekommunikeer word”. Die fees sou op Menseregtedag plaasvind om bewustheid oor geestesgesondheid te kweek. Rig enige navrae aan 264 81 769 1070 of [email protected].