Robbie Wessels vang rugbygees met nuwe komiese treffer
Hiep Hiep Hoera! sê Robbie Wessels met sy geesvang-lied vir die Springbokke en die ondersteuners met die aanvang van die Rugbywêreldbeker in Frankryk.Dié enkelsnit is net betyds vrygestel vir die eerste wedstryd van die Bokke verlede Sondag en Robbie hoop dat almal sommer lekker samesyn sal geniet.
Robbie is bekend vir sy snaakse lirieke en lekker-luister-ritmens, en skets oudergewoonte weer ʼn komiese prentjie oor hoe die Bokke se ondersteuners kuier as daar ʼn wedstryd aan die gang is.
Hiep Hiep Hoera! is uit Robbie se eie pen. Die liedjie is geïnspireer deur die opgewondenheid wat in die lug hang in afwagting vir die Rugbywêreldbeker.
“Ek hou van geesvang-liedjies, want ek raak verskriklik begeester as dit wêreldbekertyd raak. Ek dink luisteraars gaan lekker saam sing en dans, want dit het ʼn lekker ritme en ʼn catchy koor.”
Robbie het vertel hy dink die publiek gaan lekker dans en saam sing op hierdie lied. “Ek kan nie wag vir die rugby om nou te begin nie en is 100% agter die Bokke!”
Luister die snit hier: https://q.my.na/L4HN