Stad keur 262 bouplanne goed

Die Windhoek munisipaliteit (CoW) het in Oktober altesame 262 bouplanne goedgekeur, wat 'n 10,5% maand-tot-maand verhoging verteenwoordig teenoor die 237 bouplanne wat in September goedgekeur is, volgens IJG Securities.
In waardeterme is die goedkeurings op N$157,4 miljoen gewaardeer, wat maand-tot-maand met 5,3% gestyg het vanaf die planne ter waarde van N$149,4 miljoen wat in September goedgekeur is. Jaar-tot-datum is 2 166 bouplanne ter waarde van N$1,57 miljard goedgekeur, 3,6% jaar-tot-jaar in getalterme, maar 3,6% jaar-tot-jaar minder as in dieselfde tyd verlede jaar.
Op ’n kumulatiewe basis van 12 maande het die aantal goedkeurings met 2,1% op ’n jaargrondslag tot 2 527 gestyg, maar in waardeterme het met 1,9% op ’n jaargrondslag tot N$1,90 miljard gedaal. Altesame 88 bouplanne ter waarde van N$75,8 miljoen is in Oktober voltooi, het IJG gesê.
In Oktober is 182 toevoegings tot eiendomme goedgekeur ter waarde van N$84,6 miljoen, 7,7% maand-tot-maand in getalterme, en 46,6% maand-tot-maand hoër in waardeterme.
Jaar-tot-datum is 1 444 toevoegings tot eiendomme ter waarde van N$784,8 miljoen goedgekeur, wat ’n 8,9% jaar-tot-jaar-toename in getal en ’n 29,0% jaar-tot-jaar-toename in waarde verteenwoordig, het IJG bygevoeg.
Altesame 34 toevoegings ter waarde van N$9,94 miljoen is in Oktober voltooi, in vergelyking met die 52 toevoegings ter waarde van N$17,78 miljoen wat in September voltooi is.
’n Totaal van 67 nuwe wooneenhede is in Oktober goedgekeur, effens meer as die 62 wat in September goedgekeur is. In waardeterme is wooneenhede ter waarde van N$63,2 miljoen gedurende die maand goedgekeur, wat ’n 46,6% maand-tot-maand-styging verteenwoordig van die N$48,6 miljoen wat in September goedgekeur is, maar is 22,4% laer as ’n jaar tevore. Jaar-tot-datum is 673 wooneenhede ter waarde van N$631,9 miljoen goedgekeur, wat ’n 8,2% jaar-tot-jaar-afname in getalterme en ’n 26,8% jaar-tot-jaar-inkrimping in waarde verteenwoordig.
Dertien nuwe kommersiële en industriële eenhede ter waarde van N$9,55 miljoen is in Oktober goedgekeur. Terwyl die hoeveelheid goedkeurings vir die eerste keer sedert Februarie 2020 dubbelsyfers bereik het, was die waarde van die goedkeurings lou en was dit onder die maandelikse gemiddeld wat vir die jaar-tot-datum aangemeld is, het IJG gesê.