NICTUS-Napso Privaatskolesportweek onvergeetlik

Elizhia Alberts
Napso Privaatskole was tuis aangebied hier by die Naartjie Park WBPS. Ek is ’n matrikulant en dit was vir my ’n ware voorreg om my laaste jaar te kon deel wees van ’n skool met die beste sportgrond fasiliteite en geriewe. Hier was ongeveer 18 plus skole wat vir ons kom kuier het.

Die uiteensetting van die sportgronde was prakties met ’n groot verskeidenheid van stalletjies. Vir 4 dae het ons baljaar met Netbal, Hokkie, Rugby, Skaak, Archery, Jukskei met springkastele om die jongspan te akkommodeer. Theuns Alberts Gr.10C sê: “dit was opwindend, die vele kontak het dit baie interressant gemaak en daar was letterlik 1000 de mense. Dit het my ongelooflik trots laat voel teenoor
my skool WBPS”.

Jaco van Schalkwyk Gr.11 sê: “ Dit was lekker om almal te kon ondersteun, die gees was asemrowendonder alle skole wat deelgeneem het. Ek het trots gevoel op my skool WBPS en sy sport”. Ons PTA wenspan het verskriklik baie moeite gedoen om hierdie fees ’n sukses te kon maak. Sonder hulle het ons snoepies nie ge-operate nie, en was niemand se magies vol nie.

Tannie Anel – PTA mamma sê: “ Wat ’n ongelooflike belewenis van oud en jonk wat saamgewerk het. Elke ouer het soveel meer as net sy deel gedoen. Daar is elke keer na ’n nood kreet van die PTA, gewilliges wat ingekom het, om die druk te verlig. Ons as PTA mammas het lag lag 20 000 plus tree ’n dag in die snoepie geloop, maar ek weet die seer en die moeë voete was nie alleen nie. Die komplimente was baie en die magies was heeldag vol. Wat meer kon ons vra?”

Die Alice in Wonderland – Tee-Tuin was ’n wenner. Met die instap het mens gevoel jy lewe in ’n sprokie. Met die lekkerste soet en sout bederfies.
Tannie Andolene en Tannie Tanya verduidelik dit as volg: “Gr.12 het hierdie jaar die voorreg gehad om die gashere van die tee-tuin te wees. Ons tema was Alice in Wonderland, en wat ’n sukses was dit nie. Was dit harde werk? BAIE BESLIS! Was dit die moeite werd? ABSOLUUT! Skole regoor Namibia was by ons Napso skole sport week en almal het ons tee tuin geniet. Van jonk tot oud het daagliks by ons kom sit en ontspan, bene gerek, ons lekker daaglikse soet en sout kom geniet.

Dan weer geskarrel om na die volgende wedstryde van die kinders te gaan. Dit was ’n ongelooflike ervaring gewees. Van 5 uur die oggend tot 11 uur die aand was ons aan die gang gewees. Elke Gr.12 ouer het meer as sy deel gedoen. Asook ons Hokkie meisies, Hokkie seuns, ons Hoofleiers en prefekte het hand bygesit. Ons is so ongelooflik dankbaar vir elke hand wat kom help het. Glo dit of nie, selfs die Direkteure het
kom hand by sit.”

Baie baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die sukses van ons Gr. 12 tee-tuin. Die seeninge van bo was in oorvloed. As ’n Naartjie ouer wil ek net se, ons is trots op ons skool, ons leerders en onderwysers. Sonder julle sou niks van hierdie moontlik gewees het nie. Ons
bloed is beslis oranje.

Curbe Beukes het WBPS verteenwoordig in die Mnr. en Mej. Napso. Dit het plaasgevind in die aand onder ’n groot wit tent, wat in die binnekant mooi opgemaak was met ’n verhoog en liggies wat skyn.

Curbe vertel haar ervaring: “Mnr. en Mej Napso was een van my hoogtepunte van die jaar, dit was een van my beste ervaringe van my Hoerskool loopbaan. Ons tema was “Walk in the park”. En kom ek vertel julle, dit was ‘n “walk in the park”. Dit was so vol lewe! En die dekor was top klas. Danksy aan ons ongelooflike onnies. Ek het nuwe vriende ontmoet en ek het geleer om meer selfvertroue in myself te he. Alhoewel ek nie met ’n prys weggestap het nie, het ek met ’n bree glimlag en blye hart huis toe gegaan, want ek het ’n uitdaging aangepak en die beste van dit gemaak. Ek is nie een oomblik spyt daaroor nie. Met dit gese is dit duidelik dat Napso Privaatskole 2023 ’n groot sukses was! Van saamstaan kan niemand ons iets leer nie.Komplimente was in oorvloed en ons bekers loop oor van dankbaarheid.