Vir jou daaglikse dosis vars groente en vrugte

Kom maak ’n draai
Sedert 2011 voorsien Stampriet Market groente en vrugte aan verskeie supermakte, restaurante, lodges en hotelle in die hoofstad, na die kus asook die noorde en suide. Hulle is egter ook oop vir die publiek om enkele eenhede asook grootmaat hoeveelhede te verkoop.
Stampriet Market berei ook ’n verskeidenheid gekerfde en verpakte produkte voor wat hulle aan plaaslike supermarkte verkoop.
Alle invoerders van groente en vrugte moet 47% daarvan plaaslik aankoop om te voldoen aan die Namibiese Akkerbouraad se vereisters, maar tans ondersteun Stampriet Market plaaslike boere veel meer as wat verlang word.
In die toekoms beplan hulle om die besigheid uit te brei, met die onderneming dat hulle sal voortgaan om ’n gehalte produk en diens te lewer.
Stampriet Market is by 39 Rendsburgerstraat in Lafrenz geleë. Vir verdere navrae kan Ralph by 081 420 9016 of 061 245230 geskakel word. Openingstye is van 07:00 tot 16:00 van Maandag tot Vrydag, en Saterdae vanaf 07:00 tot 12:00.