Proteas takel Kiwi's in semifinaal
Suid-Afrika se onoorwonne Proteas sal streef om vandag hul plek in die ICC T20 Wêreldbeker oop te speel wanneer hulle in die semifinaal in Kolkata teen Nieu-Seeland opgeweeg word (15:30 Namibiese tyd). As kaptein en aanvangskolwer is Aiden Markram uitmuntend op dreef (268 lopies in sewe kolfbeurte; gemiddeld 53.6) terwyl die Proteas se string linkshandige kolwers ook as ‘n potensiële voordeel teen die Kiwi’s se boulopsies gereken word. Met die bal is Lungi Ngidi, Kagiso Rabada, Marco Jansen, Keshav Maharaj en Corbin Bosch ‘n doeltreffende bouleenheid vir Suid-Afrika. Foto’s ICC/Getty Images


