Onderwysprojek skop af

Die African Child Development Trust (ACDT) se onderwysprojek vir 2023 skop vandag weer af met gratis onderrigboekies vir vyf- tot sesjariges in preprimêr en sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) wat weekliks in die Namibian Sun sowel as in die straatverkope van Republikein se koerante beskikbaar sal wees. Die ACDT is ’n niewinsgewende organisasie in Namibië wat ten doel het om kinders en onderwysers te bemagtig om hul volle potensiaal deur middel van gehalte-onderrigprogramme en –materiaal te bereik.
Die projek word danksy die ruim skenkings en voortgesette ondersteuning van Namibia Media Holdings, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Capricorn Foundation, First National Bank en Powerline Africa moontlik gemaak. Vir meer inligting oor die trust en die onderwysprojek, besoek www.acdtrust.com of laai die gratis aanlyn kopie en daaglikse videoles op zoshy.online af. Vrae kan aan [email protected] gerig word.