Het jy jou kaartjies?

Die derde Liefde by die Nam is om die draai!
Sluit aan vir ’n onvergeetlike dag van goeie musiek, lekker vibes, en fantastiese optredes by die derde Liefde by die Nam-fees!
Pierre Greeff, voorsanger van Die Heuwels Fantasties en een van die hooforganiseerders van die Liefde-feesreeks sê: “Van SA se mees gewilde Afrikaanse kunstenaars is weer vanjaar daar. Ons is ook trots daarop om van Nam se bestes op die line-up te hê: Sagarias, Lin-Mari en Vaughn is al deel van ons verhoog-familie by Liefde by die Nam. Kom jol saam! Daar gaan ook heelwat verrassings wees!”
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is vanjaar die MC by Liefde by die Nam. Schalk vertel dat hy al ’n hele paar keer in Namibië was. Ons het amazing buurlande en die kilometers van sand in Namibië is vir my vreeslik mooi. Nam het ook lekker mense. Dit is soos om vêrlangse nefies en niggie te hê. Die Afrikaanse mense daar is so anders want ons is van verskillende lande maar ons is tog ook so dieselfde. Dis baie cool en ons gaan lekker saam kuier!”
Moenie dit misloop nie – koop jou kaartjies nou deur Ticketmaster by www.liefdebydienam.com of direk by enige Shoprite Checkers in Namibië. Algemene kaartjies kos N$395 vir volwassenes en N$200 vir kinders tussen 4 en 12 jaar, en N$2999 vir VIP-kaartjies (wat vinnige toegang, toegang tot VIP-area, en sitplekke met eie kroeg en toilette in).
Die hekke open om 11:30 en die program is as volg:
• 12:30 – Lin-Mari
• 13:00 – Vaugh Ahrens
• 13:30 – Johnny Crash
• 14:00 – Sagarias Tsam
• 14:35 – Bernice West
• 15:05 – Koos Kombuis
• 15:45 – Appel
• 16:20 – Kurt Darren
• 17:05 – Robbie Wessels
• 17:50 – Riaan Benade
• 18:35 – Die Heuwels Fantasties
• 19:20 – Francois van Coke
• 19:55 – Early B
• 20:30 – Jack Parow