Iets vir elke smaak by Biltongfees

Kaartjies nou beskikbaar
Vir die smulpape is daar varsgebakte produkte soos koekies, beskuit en brood en tuisgemaakte lekkernye soos souse, jogurtballetjies en ingelegde olywe.
Hoewel feesgangers elke jaar na topklasmusiek en hope ander vermaak by die Biltongfees uitsien, is die hart en siel van dié geleentheid die stalletjies met hope smullekker biltong en ander vleissnitte en dié van ander uitstallers wat geskenke, handgemaakte items en heerlike tuisgebak verkoop.
Die fees vind vanjaar op 30 Julie by die Trustco United-sportgronde in die hoofstad plaas.
Vanjaar kan feesangers verwag om te smul aan biltong (natuurlik) en ander plaasvars produkte soos gerookte vleis en ingelegde kase.
Onder dié uitstallers is die Ouma Nora-slaghuis, Plaasjapie, Perfect Quality Biltong, Biltong & Bites, Orpheus Produkte (kase en vleis), JK Retailers, Van Vuuren Biltong, Roots Namibia, Elite Biltong en Omaheke Megasave.
Tussendeur kan feesgangers aan ’n glasie bier van Namibia Breweries se stalletjie teug.
Ander stalletjies sal sorg vir ’n veelsydige markervaring met klere, modebykomstighede, speelgoed, juwele, skoonheidsprodukte, handgemaakte seep en higiëniese produkte, kombuistoerusting en ander dekor-items – selfs olieverf-skilderye. Onder dié stalletjies is Erika’s, Gerda Bernhardt Speelgoed, Fairy Floss, Kulautale Trading, Marianna Akers, Lorna’s Fashions, Brandplan (Mooi Nooi Hair Salon en Bosos Clothing Dis), Lizette Wiese Jewellery, Poppelops, Dusty's Pallet Creation, Joshua, Maxleather, Blumen Margot, Nictus, Sunshine Piercings, Sterling Star Jewellery en L & L Holdings.
Vir die smulpape is daar varsgebakte produkte soos koekies, beskuit en brood, tuisgemaakte lekkernye soos speserye, souse, jogurtballetjies en ingelegde olywe.
Behalwe vir die biltongstalletjies, sal Heerlike Gebak, M’s Sauces, Delicio Products en Spice & Scale World sorg dat jy met sakke vol eetgoed huis toe gaan.
Pupkewitz Motor Holdings bring ook al hul voertuie na dié fees waarna Namibiërs al vir twee jaar uitsien!
Kaartjies is nou beskikbaar, so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na .