Klanke van omgee vir die Namibiese kind

Wen kaartjies!
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger Adam Tas sluit op 20 en 21 Mei aan by Namibië se Vaughn Ahrens en Riaan Smit aan by die Sounds of Caring-konsert ten bate van die African Child Development Trust (ACDT).
Die ACDT het die verantwoordelikheid aangeneem om onderrigmateriaal landswyd beskikbaar te stel gedurende die Covid-19-inperking. Hierdie inisiatief het tot gevolg gehad dat 12 miljoen opvoedkundige boekies tussen 2020 en 2021 gedruk en landswyd versprei is.
Dié projek, wat in 2020 deur Namibia Media Holdings (NMH) van stapel gestuur is, is moontlik gemaak deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in samewerking met Unicef, Bank Windhoek/Capricorn Foundation, die Namibia Community Trust en tegniese ondersteuning deur ’n toegewyde span onderwysers van verskeie skole in Windhoek.
Alhoewel hierdie projek as ’n noodreaksie op Covid-19 begin het, sal dit nou voortgaan om leerlinge en onderwysers parallel met aangesig tot aangesig klasse vir die volgende drie jaar by te staan.
Die ACDT is ’n niewinsgewende organisasie wat op die been gebring is om geld vir hierdie inisiatief in te samel.
Die ACDT se Sounds of Caring-musiekfees vind by Windhoek Hoërskool (WHS) se Vegkop-stadion plaas. Kaartjies is aanlyn beskikbaar via etickets.my.na teen N$200 (vooraf) en N$250 by die hekke.
Hekke open op beide dae om 16:00 en die vertoning begin om 19:00.
Alle winste is ten bate van die ACDT.
Om kaartjies te wen, stuur jou naam voor Donderdag, 17 Mei om 12:00 na 081 170 0080.