Môre is markdag!

Henriette Lamprecht
Wat is beter as om ’n verjaardag te vier met alles van koek en pannekoeke tot braaivleis en poeding? Saterdag word Markdag by die Auas Hills-aftreeoord in Windhoek gehou om die sentrum se tiende bestaansjaar te vier. Volgens tannie Rita van Vuuren van die oord se sosiale klub staan die tafels vol van breiwerk en klere, tot boeke, en juwele van 09:00 reg, met die mark wat 13:00 eindig. Natuurlik is daar ook ’n wit olifant-tafel en rou vleis as jy self ’n vleisie op die vuur wil gooi! FOTO’S VERSKAF