Praatjie fokus op mens-karnivoor-konflik

Yandi Du Plessis
Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied op Dinsdag 14 Maart ’n openbare praatjie aan oor die interaksies tussen mense en karnivore langs die noordelike grens van die Etosha Nasionale Park. Die spreker is dr. Dipanjan Naha, ’n bewaringsbioloog met 14 jaar se ondervinding in projekte wat fokus op die vreedsame saambestaan tussen mense en wild in Suid-Asië en Suider-Afrika. Hy is 'n navorsingswetenskaplike by die Ongava-navorsingsentrum en die Universiteit van Georgia in die VSA. Die praatjie begin om 19:00 by die Wetenskaplike Vereniging se gebou in Robert Mugaberylaan oorkant die Nasionale Teater. Toegang is gratis.